Am Weinberg nou deel van Gondwana

Elvira Hattingh
Vanaf 1 Februarie sal die Am Weinberg Hotel by die Gondwana-portefeulje in 'n besturende kapasiteit bygevoeg word.

Volgens Gondwana Collection Namibia se uitvoerende hoof, mnr. Gys Joubert, sê hulle voel geeërd dat daar soveel vertroue in hul handelsmerk en hul vermoë is om hierdie ikoniese hotel te bestuur, wat voorts “trots deur Namibiërs besit en bestuur sal word.”

Gondwana droom lank reeds daaroor om 'n hotel in die hoofstad by sy versameling in te sluit en dié stylvolle een vermeng ouwêreldse bekoring met die gemak van die 21ste eeu.

Die Gondwana-span sal daarna streef om die gehalte van Am Weinburg te behou, wat voorts as The Weinberg bekend sal staan.

Die maatskappy het 'n gladde oorgang bewerkstellig en voorsien goeie samewerking met die hotel se werknemers, wat nou by die “Gondwana-familie” aansluit.

Dit sluit in die bekwame hotelbestuurder, me. Janet Wilson-Moore.

Die hotel spog met 41 kamers rondom 'n fontein in sy binnehof, terwyl dit direkte toegang tot die fasiliteite van die Am Weinberg Estate bied.

Dié fasiliteite sluit in Soulstice Day-Spa, Cape Town Fish Market, Butcher's Block asook Olivia's Kitchen.

Terwyl Gondwana die hotel oorneem, sal die Sky Lounge vanaf 1 Februarie vir onderhoud gesluit wees.

Gondwana-kaarthouers sal voorts ook nou op die standaardafslag­tariewe kan reken as hulle akkommodasie by The Weinberg bespreek – dis 50%-afslag vir Namibiërs en 40%-afslag vir SADC-burgers op bed- en ontbyttariewe.

Vir meer inligting kontak [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!