Amal Clooney nie gedreig met arrestasie
Egipte
Aantygings deur die Britse menseregte-advokaat, Amal Clooney, dat sy gedreig is om nie ’n verslag bekend te stel wat die Egiptiese justisie kritiseer, is deur Egiptiese owerhede ontken.
Clooney, wat nou een van die regsverteenwoordigers vir een van die drie Al Jazeera-joernaliste is wat in Egipte aangehou word, sê vanweë gebreke in die Egiptiese regstelsel het sy min vertroue in hul herverhoor wat verlede week deur Egipte se hoogste hof gelas is. Om die rede beywer sy haar nou dat haar kliënt, die Egipties-Kanadese joernalis, Mohamed Fahmy, eerder gedeporteer moet word.
Clooney het in 2014 die internasionale balievereniging gehelp met die opstel van ’n verslag waarin ernstige bedenkinge oor die onafhanklikheid van Egiptiese regters en aanklaers uitgespreek is.
-Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie