Amateurs se kans vir slyp en om gesien te word

Boks
Die MTC Nestor Sunshine Boks-akademie gaan vanaf Woensdag 28 November tot Saterdag 1 Desember in Windhoek sy jaarlikse MTC Sunshine bekerkompetisie vir amateurboksers van oral in Namibië aanbied.

Die vlagskipbyeenkoms is deel van die MTC Sunshine-akademie se ontwikkelingsprogram wat daarop gemik is om amateurboksers vir die toekoms as professionele vegters voor te berei.

Die jaarlikse kompetisie was verlede jaar suksesvol in Otjiwarongo gehuisves, maar sal vandeesmaand weer in die hoofstad gehou word.

Volgens Nestor Tobias, stigter en voorsitter van die Sunshine Boksakademie, is een toernooi per jaar genoeg om jong boksertjies van al 14 streke ’n hupstoot in die regte rigting te gee.

“Die MTC Sunshine-bekerkompetisie vir streekspanne is ’n belangrike program in ons ontwikkelingstruktuur. Gedurende dié toernooi bring ons meer as 150 amateurboksers uit elk van die 14 streke van Namibië bymekaar om vir die topposisie in hul onderskeie gewigsklasse te kompeteer.

“As die voorste boksakademie in Afrika en een van die bestes in die wêreld, moet ons die voortou neem om talent vir die toekoms te ontwikkel – nie net vir MTC Sunshine Akademie nie, maar vir die hele Namibië en ook in terme van voorbereiding vir kontinentale kampioenskap.

“Boks presteer goed in Namibië omdat ons ontwikkeling op voetsoolvlak baie ernstig opneem en ons moet nie nou ophou aandag gee nie sodat ons steeds ’n gesonde stroom ontluikende talent in die volgende tien jaar kan hê,” het Tobias opgemerk.

Jason (Taks) Naule, oudbokser en voorsitter van die Khomas boksvereniging, rig ’n hartlike uitnodiging aan klubs in al die streke, asook die weermag en Nampol om met hul amateurboksers aan die opwindende byeenkoms deel te neem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!