Amateurs woeker op Otjiwarongo
Boks
Die eerste amateurbokstoernooi wat die afgelope naweek op Otjiwarongo aangebied is, was ''n reusesukses waartydens 24 gretige vegters in 12 gevegte die handskoene in hul onderskeie gewigsafdeling aangetrek het.
Nagenoeg 300 mense het die byeenkoms bygewoon wat in die kompleks van die Namibiese Ontwikkelings Koöperasie gehou is. Boksers van die Otjiwarongo Boks-akademie, Outjo Amateur Boksklub en Kilimanjaro Boksklub op Oshakati, was die Saterdag in aksie. Soos die gebruik in amateurboks, het elke geveg uit net drie rondes van drie minute elk bestaan en ''n minuut ruspouse word tussen rondes aan die groentjies gegee.
Die 14-jarige Johannes Vilho en Absalom Vilho (16) van Outjo, het in die junior afdeling onderskeidelik teen Petrus Mandume en Simon Jacobus geseëvier. In die 52 kg- tot 54 kg-afdeling het Paulus Ileka van Oshakati onoorwonne teen Simon Frans (Otjiwarono) uit die kryt geklim terwyl Paulus Hango vir Fillemon Nangolo (beide Otjiwarong) klop. In nog ''n aksiebelaaide vertoning tussen twee manne van Otjiwarongo, buig Kubukeis Simon die knie teen Tilenge Shipuleni en Abraham Shalukeni (Otjiwarongo) oorskadu Jason Immanuel (Oshakati).
In die 64 kg- tot 69 kg-afdeling oorheers David Haufiku teen Rasarus Kapunda (beide Otjiwarongo), Fellep Fellep (Oshakati) teen Sofef Mutesia (Outjo), Ukalela Mureko teen Wewill Fresianu (beide Otjiwarongo) en Likius Israel teen Eino Sem.
Nadat die gevegte afgehandel is waartydens die ligter boksers die geleentheid gehad het om hul vernuf te toon, was dit tyd vir die swaarder manne om die vuiste die praatwerk te laat doen. Die 69 kg- tot 75 kg-kategorie is deur Tomas Mundumbo (Outjo) oorheers toe hy Johannes Kafidi van Otjiwarongo geklop het. Pavo Praipack (Oshakati) wen sy geveg (81 kg) teen Frarruko Kakololo (Otjiwarongo) met ''n tegniese uitklophou.
Mnr. Onesmus Kalipi, voorsitter van die Otjozondjupa Boksraad, het na die kompetisie gesê die byeenkoms was beslis ''n sukses. Hy sê dis te danke aan die aantal mense wat die toernooi bygewoon het, want dié sport is onder almal se aandag gebring en jong vegtertjies het geleer om boks ernstig op te neem. Kalipi het ''n beroep op sakelui in die streek gedoen om boks en ander sportkodes te ondersteun.
Van die ondersteuners wat die toernooi bygewoon het, is van mening dat van die skeidsregters en afrigters moet verbeter en ''n plan moet maak om met die volgende kompetisie meer toeskouers te lok om sodoende borge te bekom.
Simson Shilongo, ''n plaaslike boksondersteuner, is van mening dat boks op elke dorp in Namibië aangebied moet word sodat die boksers gereeld teen mekaar kan kragte meet om hul vaardigheidsvlakke en fiksheid te bevorder.
“Hierdie jong aspirantkampioene beskik oor die nodige talent om later goed te kan boks, maar het nie die stamina of krag om werklike harde houe te plant nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie