Amazon belê ook in Essential Products
Chinese maatskappye raak al hoe meer mededingend wat markaandele in tegnologie betref.
Amazon het hom by Tencent aangesluit met ’n belegging in Essential Products, ’n maatskappy wat begin is deur die Android-skepper Andy Rubin.
Rubin is gereed om Essential Products se eerste slimfoon te begin verkoop.
Tencent, Foxconn Technology Group, Amazon se Alexa Fund en Access Technology Ventures het saam US$300 miljoen in die maatskappy belê.
Essential betree die toenemend mededingende mark vir verbruikerselektronika.
Die maatskappy is in 2014 deur Rubin begin nadat hy Google, wat Android besit, verlaat het. Hy het die Android-afdeling vir langer as tien jaar gelei.
Na raming is Essential sowat US$950 miljoen werd.
Sedert Rubin se dae by Google het verskeie Chinese maatskappye al markaandeel gewen in ’n bedryf wat steeds deur Samsung en Apple oorheers word.
Essential se eerste twee produkte sal ’n slimfoon wees en ’n toestel soortgelyk aan Amazon se Echo vir die huis.
“Ons is in volle massaproduksie en ons maak gereed om jou Essential-foon te lewer,” het Rubin getwiet.
Die slimfoon is ontwerp om met Apple se iPhone en Samsung se Galaxy S8 mee te ding. Die foon sal die Android-bedryfstelsel gebruik, terwyl die toestel vir die huis ’n stelsel wat Essential self ontwikkel het – Ambient OS – sal gebruik. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie