Amazon gekap oor duur water tydens orkaan
Die e-handelaar Amazon is die afgelope week daarvan beskuldig dat hy die prys van bottels water verhoog het weens die groter vraag daarna te midde van die orkane en storms wat Amerika die afgelope weke benoud maak.
Die orkaan Irma gaan Florida na verwagting die naweek tref en volg op die tropiese storm Harvey, wat verlede week in Texas toegeslaan het.
“Ons verhoog nie pryse volgens aanvraag nie,” sê die maatskappy in 'n e-pos aan Bloomberg. “Ons monitor ons webwerf aktief en het aanbiedinge verwyder wat beduidend hoër was as die onlangse gemiddelde verkoopspryse.”
Die produkte met die hoë pryse was water wat ander handelaars op Amazon se webwerf verkoop het.
Amazon in die VSA het 2 miljoen handelaars wat op sy platform produkte aan nagenoeg 300 miljoen mense verkoop. Amazon verdien kommissie op die verkope, maar versprei nie self die produkte nie.
Ene Tal DG het 'n kis Poland Spring Water teen US$36,72 geadverteer en BestSource OfficeSupplies 35 bottels Crystal Geyser-water teen US$31,50.
Dieselfde hoeveelheid Poland Spring Water kos minder as US$10 by Staples en die Crystal Geyser-water kos US$5,63 by OfficeDirectSupply.com.
Amazon se algoritmes is ontwerp om ongewoon hoë pryse op te merk, maar vergelyk dit slegs met ander produkte op Amazon. Sulke rekeninge word dan opgeskort.
Die duurder water het deurgeglip omdat goedkoper water uitverkoop is en daar dus geen goedkoper prysvergelykings was nie.
Altesame 12 handelaars se rekeninge is nou opgeskort, het Pam Bondi, prokureur-generaal van Florida, Woensdagaand volgens Bloomberg gesê.
Een klagte was van iemand wat 'n kis water bestel het en boonop US$100 vir aflewering moes opdok.
Amazon sê dit was omdat die water by nabygeleë pakstore van die handelaar uitverkoop was en dit van ver aangery moes word.
'n Paar jaar gelede was die taxidiens Uber in die spervuur nadat die koste van ritte in Sydney, Australië, die hoogte in geskiet het tydens 'n terreuraanval in 'n koffiehuis in die middestad. Uber se pryse word wel deur die vraag bepaal.
Plaaslik het Uber ook al kritiek ontlok omdat hy mense op Oujaarsaand derduisende rande vra vir ritte wat op ander dae net 'n fraksie daarvan kos.
Uber het eindelik in Sydney sy pryse eenvormig gemaak.
- Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie