Ambassade reageer op Chinees se moord
Die man wat verlede week ’n kollega na bewering vermoor het, is gister borgtog geweier.
Denver Kisting – Die Chinese ambassade sê hy hoop geregtigheid geskied spoedig nadat ’n burger van dié land verlede week wreed vermoor is.
Mnr. Sun Yanhui (34) is glo op Werkersdag by ’n bouonderneming buite Rehoboth keelaf gesny.
’n Voormalige kollega van Yanhui, mnr. Tuhafeni Thomas (27), is Vrydag in verband met die moord in hegtenis geneem.
Die ambassade het Sondag by monde van me. Lu Hairong, sy woordvoerder, gesê: “Die Chinese ambassade in Namibië het kennis geneem van ’n strafsaak wat op 1 Mei 2019 in die Hardapstreek aanhangig gemaak is oor ’n Chinese burger wat vermoor is. Ons betuig ons innige meegevoel met die familie van die oorledene en hoop sterk die Namibiese polisie vang die oortreders en laat geregtigheid geskied.”
Thomas het gisteroggend vlugtig in die Rehoboth-landdroshof op aanklag van moord, roof en regsverydeling verskyn.
Die landdros, mnr. Desmond Beukes, het die saak tot 23 Mei uitgestel sodat Thomas se aansoek om regshulp verwerk kan word.
Me. Hillia Munzenze het namens die staat aangekla.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, ’n polisiewoordvoerder, het die naweek gesê Yanhui is vermoedelik verlede Woensdag buite die Hardapdorpie vermoor.
Sy sê hy is by New Hope Investments, ’n beslote korporasie, keelaf gesny.
Shikwambi het gesê Yanhui was ’n bestuurder by dié steenonderneming.
Volgens haar is die man op die perseel oorval en aangeval.
Sy keel is met ’n skerp voorwerp gesny, sê sy.
“Sy lewelose lyf is in ’n plas bloed ontdek met albei sy hande agter sy rug vasgemaak en ’n groen lap in sy mond gedruk.”
Die woordvoerder het gesê die man se lyk is tussen 20:00 en 20:30 ontdek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie