Ambassadeurs benoem
Ambassadeurs benoem

Ambassadeurs benoem

Geingob doen 'n beroep op Namibië se diplomatieke missies in die buiteland om ekonomiese geleenthede te identifiseer.
Augetto Graig
Augetto Graig



Pres. Hage Geingob het Vrydag 11 nuwe Namibiese ambassadeurs in die buiteland aangestel.

By die geleentheid by Staatshuis het hy gesê die kabinet se onlangse wegbreeksessie het landbou, opleiding en behuising as die ­topprioriteite vir dienslewering geïdentifiseer.

Geingob doen 'n beroep op die nuut aangestelde ambassadeurs om hierdie doelwitte ter harte te neem.

“Ek verwag van julle, as my verteenwoordigers, om julle gasheerlande gereeld en feitelik oor ­ekonomiese geleenthede en ander ­verwikkelinge in Namibië in te lig,” het Geingob gesê.

“Die nasionale belang van Namibië en die welsyn van sy mense moet jul hoofdoelwit wees,” sê die president.



AMBASSADEURS

Die nuutverkose ambassadeurs is me. Margareth Mensah-Williams (VSA), mnr. Martin Andjaba (Duitsland), mnr. Lebbius Tobias (Tanzanië), mnr. Sipapela Cletius ­Sipapela (Demokratiese Republiek die Kongo), me. Selma Ashipala-Musavyi (Ghana), mnr. Mbapeua Muvuangua (Brasilië), mnr. Niklaas Kandjii (Zimbabwe), mnr. Elvis Shiweda (Senegal) en mnr. Herman Pule ­Diamonds (Maleisië).

Me. Julia Chanduru-Imene sal Namibië in Genève by die ­Verenigde Nasies (VN) se hoofkantoor verteenwoordig en as ambassadeur in Switzerland, terwyl me. Mekondjo Kaapanda-Girnus as ambassadeur in België aangestel is waar sy Namibië by die Europese Unie (EU) sal verteenwoordig.

Mensah-Williams sê: “Ek sal voortbou op wat reeds werk, soos samewerking in terme van gesondheid, kragopwekking en landbou. Ons voer reeds beesvleis uit en ek sal toegang tot die Amerikaanse mark vir ons ander produkte verbeter deur die Agoa-ooreenkoms”.

- [email protected]



Haar prioriteit is ook meer studiegeleenthede vir Namibiërs in Amerika, asook nuwe tegnologiese geleenthede. Mensah-Williams se nuwe tuiste sal in Washington wees en sy beplan om haar kennis van Amerika tot Namibië se voordeel in te span.



Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!