Ambassadeurs vir bewaring vereer
Die Jagluiperd-bewaringsfonds (CCF) het die naweek vir die 19e keer sy jaarlikse geldinsamelingsdinee en prysuitdeling aangebied, waartydens die fokus op jagluiperdbewaring geval het.
Die Turkse ambassade en die Turkse Samewerkings- en Koördineringsagentskap (Tika) het vanjaar die CCF-toekenning vir hul ondersteuning van die bewaringsfonds se program vir veewaghonde ontvang.
Me. Hendriette Nderura Rukero is vanjaar se boer van die jaar weens haar toewyding aan haar veewaghond.
Die plaas Krumhuk is aangewys as die plaas van die jaar.
Die CCF werk sedert 1991 nou saam met mnr. Ulf-Dieter Voigts en sy familie.
Krumhuk word beskou as ’n voorbeeld van hoe metodes vir lewende hawe en wildboerdery geïntegreer kan word en ook as ’n leier in bewaringspogings in Namibië.
Dié plaas is deel van die Auas-Oanob-bewaringsgebied en is sedert 1999 ’n aktiewe lid van die bewaringsvereniging van Namibië.
Die gasspreker by die glansgeleentheid was dr. Rogerio Cunha de Paula van Sao Paulo, Basilië.
Cunha de Paula het in sy toespraak gefokus op sy werk om beter strategieë te ontwerp om die status van bedreigde diere te verbeter en om konflik tussen karnivore en mense in sy land te verminder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie