Ambunda (38) maak debuut in VSA
Die ervare Namibiër het gewys dat hy steeds nie terugdeins om groot happe af te byt nie.
Andrew Poolman - Paulus Ambunda se eerste geveg in Amerika geskied volgende maand, teen ’n veel jonger, onoorwonne en ambisieuse vegter.
Die driemalige wêreldtitelhouer van Namibië sal boonop sy debuut maak in die swaarste gewigsklas van sy loopbaan, naamlik veergewig (57.15 kg).
Die ontluikende 24-jarige Stephen Fulton van Philadelphia sal op 11 Mei in Fairfax, Virginia teen die 38-jarige Namibiër in ’n nie-titelgeveg oor 12 rondes deur die kryttoue klim.
Fulton (“bynaam “Cool Boy Steph”) het sover ’n skoon rekord in 15 beroepsgevegte, waarvan hy sewe met uitklophoue beëindig het.
In sy laaste nege kragmetings het hy vyf opponente se eerste nederlaag op hul rekord geplaas. Die Amerikaner het reeds vanjaar een keer geveg, toe hy in Januarie vir Marlon Olea van Colombia in die vyfde ronde uitgeslaan het.
Fulton versus Ambunda sal die hoofvoorgeveg wees voordat die onoorwonne “Swift” Jarrett Hurd sy superweltergewigtitels van die WBA en IBF teen ’n landgenoot, die gerekende aanspraakmaker Julian “J-Rock” Williams, op die spel plaas.
Ambunda (27 gewen, twee verloor, elf uitklophoue) is een van Namibië se mees gevierde boksers ooit, wat reeds vir bykans ’n volle dekade op die vlak van Afrika-kampioen en hoër meeding.
Hy is ook die land se enigste huidige houer van ’n wêreldtitel, nadat hy einde September laas jaar die IBO se vakante superkapokgewigtitel met punte teen Muhamad Ridhwan van Singapoer verower het.
Ambunda het as superkapokgewig (55.34 kg) dieselfde IBO-kroon ook in 2015 teen Leandro David Esperante van Argentinië gewen en dit een maal suksesvol teen Jason Cooper van Australië verdedig.
Hy het inderdaad reeds in 2012 ’n wêreldkampioen geword (WBO kapokgewig, 53.5 kg) toe hy William Brado van Brasilië eenparig met punte verslaan het.
Vreemd genoeg het Ambunda in sy beroepsloopbaan nog net twee keer in 27 gevegte buite die landsgrense deur die toue geklim – een keer in die Filippyne (2013) en toe laas jaar in Singapoer.
Sedert Ambunda se laaste puntenederlaag in 2016 teen Moises Flores van Mexiko het hy drie gevegte gewen, insluitend sy laaste twee met punte oor 12 rondes.
Kaartjies vir die aand word reeds op ticketmaster.com verkoop en sitplekke wissel tussen 55 en 250 Amerikaanse dollar (N$750 tot N$3 525). Regstreekse videostroom word op FOXSports.com geadverteer.
Die voorprogram wemel van opwindende internasionale kragmetings waarin vegters met onoorwonne of wenrekords betrokke is:
Supervlieggewig: Alexandru Marin (Roemenië, 17-0) tn Luis Concepcion (Panama, 37-7)
Middelgewig: Matvey Korobov (VSA, 28-2) tn Immanuwel Aleem (VSA, 18-1-1)
Superliggewig: Mario Barrios (VSA, 23-0) tn Juan Jose Velasco (Argentinië, 20-1)
Liggewig: Dravontay Speed Rawls (VSA, 11-1-1) tn Jonathan Perez (Colombia, 38-23)
Superliggewig: Greg Outlaw (VSA, 7-0) tn NOG Een. – Bygewerk van boxing247.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie