Amcu eis hou00ebr lone vir platinumwerkers
Amcu eis hou00ebr lone vir platinumwerkers

Amcu eis hoër lone vir platinumwerkers

Jo-Mare Duddy Booysen
Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) sal volgende week met loononderhandelinge in die platinumbedryf begin. Amcu het gister gesê hy sal op 12 Julie met Anglo American Platinum, Impala Platinum en Lonmin onderhandel en aandring op hoër vergoeding vir sy werknemers. Die vakbond soek ’n minimum van R12 500 vir sy laagsbesoldigde lede en ’n verhoging van 15% vir werknemers wat meer verdien. Amcu het ná die Marikana-slagting, wat in Augustus 2012 tot die dood van minstens 44 mense gelei het, die grootste vakbond in die platinumsektor geword. In 2014 het Amcu die sektor verlam met ’n vyf maande lange staking by die drie grootste produsente, Anglo American Platinum, Impala Platinum en Lonmin. Die vakbond se eis vir ’n minimum loon van R12 500 per maand is verwerp. Dié foto is tydens die 2014-protes geneem. Foto Nampa/SAPA

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!