Amcu eis veel meer as R12 500 per maand
Elvira Wood - Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) se looneise aan die platinumbedryf sluit uitspattige eise soos ’n verjaardagbonus van R2 000 per maand en 35 werkdae jaarlikse verlof in.
Die vakbond het Dinsdag met loononderhandelinge met Anglo American Platinum, Impala Platinum en Lonmin begin.
Die vakbond eis ’n minimum van R12 500 vir sy laagsbesoldigde lede en ’n verhoging van 15% vir werknemers wat meer verdien.
Die volledige lys eise word in ’n dokument op sy webwerf uiteengesit.
Buiten die basiese salaris van R12 500 per maand eis Amcu ook die volgende:
- Behuisingstoelae: R6 500 per maand
- Maaltydtoelae: R100 per dag
- Vervoertoelae (nie hostelle): R2 000 per maand
- 9 maande betaalde kraamverlof
- 14 dae gesinsverlof per jaar
- 21 dae vaderskapsverlof
- 50 dae siekverlof of tegeldemaking
- ’n Skeidingspakket van R120 000
Reuters berig Amcu het ná die Marikana-slagting, wat in Augustus 2012 tot die dood van minstens 44 mense gelei het, die grootste vakbond in die platinumsektor geword
In 2014 het Amcu die sektor verlam met ’n vyf maande lange staking by die drie grootste produsent.
Die vakbond se eis vir ’n minimum loon van R12 500 per maand is al herhaaldelik verwerp. Sedertdien het die vakbond ook in die goudmynsektor opgang gemaak. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie