Amcu kry nóg 'n dwarsklap in hof
Elvira Wood
Die mynwerkersvakbond Amcu kan maar net nie sy sin by die howe kry nie.
Suid-Afrika se arbeidshof het Maandag, net soos die geval was Vrydag, 'n aansoek van Amcu van die hand gewys.
Vrydag is Amcu se aansoek om 'n sekondêre staking te hou van die hand gewys.
Dié keer wou die vakbond 'n interdik bekom wat die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater sou keer om voort te gaan met 'n art. 189-proses ingevolge die Arbeidswet.
Sibanye-Stillwater het op 14 Februarie aangekondig dat hy sy goudmynbedrywighede gaan herstruktureer.
Luidens die verklaring wat hy toe uitgereik het, kan nagenoeg 5 870 werknemers en 800 kontrakteurs deur dié proses beïnvloed word.
Die herstrukturering is spesifiek omdat Sibanye-Stillwater sy Beatrix 1-skagte en die skagte by Driefontein 2, 6, 7 en 8 in 2018 teen 'n verlies bedryf het.
HERSTRUKTURERING
“Om 'n herstrukturering van hierdie aard te oorweeg word nooit ligtelik opgeneem nie en ons is bewus van die moontlike invloed op ons werknemers.
“Soos ons gesê het toe ons die art. 189-proses aangekondig het, het ons konsekwent die operasionele en finansiële risiko's wat met die geaffekteerde skagte geassosieer kan word, uitgelig op forumbyeenkomste, wat gereeld met belanghebbendes (insluitend die vakbonde) gehou is,” het Neal Froneman, uitvoerende hoof van Sibanye-Stillwater, Maandag in 'n verklaring gesê.
“Dit is gedoen in 'n poging om gesamentlik 'n oplossing te probeer vind vir hierdie probleme.
“Pogings om gesamentlike lewensvatbare alternatiewe te vind was egter tot dusver nie suksesvol nie. Die art. 189-proses het op 14 Februarie begin, en ons moedig Amcu en ander belanghebbendes aan om deel te neem aan hierdie proses, sodat ons gesamentlik maniere kan vind om moontlike werkverliese by die bedrywighede te verminder.”
Staking
Amcu staak reeds sedert 21 November 2018 by Sibanye-Stillwater se myne. Hy het begin staak omdat hy nie tevrede is met die loonooreenkoms wat ander vakbonde met die mynmaatskappy gesluit het nie.
Hy het toe probeer om die staking na die res van die sektor uit te brei. Sy lede sou dan by die myne van 15 ander mynmaatskappye gestaak het.
Die arbeidshof het egter Vrydag sy aansoek om só 'n staking van stapel te stuur, van die hand gewys.
Amcu het reeds gesê hy gaan appèl aanteken teen dié uitspraak.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie