Amcu, NUM in gesprek nu00e1 geweld by Northam
Amcu, NUM in gesprek nu00e1 geweld by Northam

Amcu, NUM in gesprek ná geweld by Northam

Jo-Mare Duddy Booysen
Hanlie Stadler - Die vrees van ’n tweede Marikana loop hoog in die platinumgordel nadat geweld by Northam Platinum se Zondereinde-myn uitgebreek het.
Die myn in Limpopo was gister vir die tweede dag gesluit nadat twee mense vermoedelik in vakbondverwante geweld doodgemaak is.
Gevegte tussen lede van die National Union of Mineworkers (NUM) en die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Sondagmiddag uitgebreek nadat ’n senior lid van NUM doodgeskiet is. Die motief vir dié skietery is onbekend.
Nog iemand is Maandagoggend op pad werk toe met ’n mes doodgesteek.
Heelwat polisielede is by die myn teenwoordig en rubberkoeëls is Maandag gevuur om betogers uitmekaar te jaag.
Die twee vakbonde en die myn se bestuur het Maandagmiddag met gesprekke begin en sal dit Dinsdag voortsit, het Paul Dunne, uitvoerende hoof van Northam, in ’n onderhoud met die radiostasie SAfm gesê.
Die situasie is “kalm, maar daar is steeds spanning”, sê Dunne.
Northam het Maandag in ’n verklaring gesê: “Die bestuur doen ’n beroep op sowel NUM as Amcu om leierskap te toon in die nadraai van dié tragiese voorvalle, en om te verseker dat vakbondlede verantwoordelik en vreedsaam optree in die belang van veiligheid vir almal.”
EWN berig dat NUM sê ses van sy lede is al sedert 2015 vermoor en niemand is nog daarvoor in hegtenis geneem nie.
Die vakbond se woordvoerder, Livhuwani Mamburu, sê Northam is NUM se grootste tak in die platinumsektor, en die vakbond glo hy word “geteiken”.
Zondereinde is die diepste platinummyn ter wêreld en produseer gewoonlik sowat 1 000 fynonse platinum per dag, berig Bloomberg. Die myn het sowat 7 000 mense in diens.
NUM was tot 2012 die grootste mynwerkersvakbond in die land. Amcu het ná die Marikana-onmin, wat uiteindelik in Augustus 2012 tot die dood van minstens 44 mense gelei het, die grootste vakbond in die platinumsektor geword.
In 2014 het Amcu die sektor verlam met ’n vyf maande lange staking by die drie grootste produsente, Anglo American Platinum, Impala Platinum en Lonmin. Die vakbond se eis vir ’n minimum loon van R12 500 per maand is verwerp.
Sedertdien het die vakbond ook in die goudmynsektor opgang gemaak.
Selfs tydens die Marikana-geweld was dinge by Zondereinde betreklik vreedsaam. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!