Amcu trek kop uit oor lone in platinum-myne
Amcu trek kop uit oor lone in platinum-myne

Amcu trek kop uit oor lone in platinum-myne

Karin Eloff
Elvira Wood – Die mynwerkersvakbond Amcu het ter elfder ure besluit om nié ’n loonooreenkoms met Anglo American Platinum (Amplats), Impala Platinum (Implats) en Sibanye-Stillwater te onderteken nie.

Die vakbond het Woensdag in ’n verklaring gesê hy dring daarop aan dat die dokumente die “mandaat wat sy lede op verlede week se massavergaderings aan hom gegee het”, moet weerspieël.

Amcu het vroeër aangekondig dat hy wel van plan was om die loonooreenkoms Woensdag te onderteken op ’n amptelike seremonie wat in Muldersdrift, wes van Johannesburg, gehou sou word.

“Amcu het dringende tegniese vergaderings met die onderskeie mynhuise belê om die laaste uitstaande geskille uit te stryk,” lui die verklaring.

Hy sê weens die “sensitiewe aard van die onderhandelinge” gaan hy geen verdere kommentaar lewer oor presies wat die veranderinge is waarop hy aandring nie.

Die vakbond onderhandel sedert Junie oor lone. In Oktober het hy ’n geskil met onder meer Amplats en Sibanye-Stillwater verklaar. Dit is toe na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys.

Die vakbond het in Junie gesê hy eis ’n basiese salaris van R17 000 per maand vir sy lede. Dit is ’n styging van R1 500 per maand. Hy wou tóé ook hê dié verhoging moet elke jaar geld vir die tydperk van die loonooreenkoms. Die platinumbedryf kom gewoonlik ooreen oor lone vir ’n driejaartydperk.

Teen Oktober het die vakbond egter bes gegee en gesê hy is bereid om ’n maandelikse verhoging van R1 000 te aanvaar.

Die vakbond sê hy sal later aankondig wanneer die loonooreenkoms onderteken sal word. Hy gee geen verdere besonderhede nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!