Ameerah Saterdag begrawe
Ameerah Saterdag begrawe

Ameerah Saterdag begrawe

Henriette Lamprecht
Ameerah Dalilah Hassan, wat dringend 'n leweroorplanting moes ondergaan nadat sy vroeër vanjaar met galatresia (Billiary Atresia) gediagnoseer is, is op 11 Desember 'n maand voor haar eerste verjaardag oorlede. Galatresia is wanneer beskadigde of afwesige ekstrahepatiese kanale tot galfibrose van die lewer lei. 'n Lykwaak vir Ameerah vind vandag om 19:30 by erf 345 in Blok A op Rehoboth plaas. Die begrafnis vind môre om 07:30 vanuit die huis en om 08:30 by die Ou Apostoliese Kerk in Blok A op die dorp plaas. Ameerah word oorleef deur haar ouers, ouma en oupa, 'n broer, 'n tannie, drie ooms, familie en vriende.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer