'Amerika is die grootste verloorder'
Die Namibiese Kamer van die Omgewing meen die Trump-administrasie se besluit sal sleg wees vir Amerika én die planeet.
Francoise Steynberg - "In mnr. Trump se wêreld trek Amerika voordeel uit nywerheidsontwikkeling, terwyl die arm, ontwikkelende lande die koste daarvan moet dra. En dit is reg so met hom, want dit is Amerika eerste."
Dít is die mening van die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing (NEC), dr. Chris Brown, op navraag oor die impak van Amerika se onttrekking aan die Parys-verdrag vir klimaatsverandering.
Brown sê dit is uiters ongelukkig dat pres. Trump besluit het om Amerika aan die Parys-verdrag te onttrek.
“Dit sal die gevorderde stappe wat Amerika onder die Obama-administrasie geneem het, vertraag en in sommige areas in trurat plaas.”
Brown sê Amerika se belegging in die Groen Klimaatfonds sal ook verminder.
Hy sê die fonds is 'n instrument wat geskep is om ontwikkelende lande te help om hul kweekhuisgasse te verminder soos hulle hul ekonomieë ontwikkel. Dít sodat hulle nie dieselfde verwoestende ontwikkelingsweë van baie nywerheidslande volg nie. Die ander rede is om so ver as moontlik aan te pas by die impak van klimaatsverandering, wat nie deur die ontwikkelende lande veroorsaak is nie.
“In wese sal Amerika se skadelike nywerheidsontwikkelingsproses, met die hoogste kweekhuisgasuitlating per capita in die wêreld, nie deur Amerika herstel word nie. Dit dra by daartoe dat ontwikkelende lande hierdie gevolge moet dra. In mnr. Trump se wêreld betaal die besoedelaar nie op wêreldvlak nie,” het Brown gesê.
'AMERIKA EERSTE'
“Amerika eerste moet gesien word in die konteks van 'n goeie wêreldburger is goed. Amerika eerste in die konteks van baasspeel oor die res van die wêreld, en veral oor die armste mense op die planeet wat die gevolge van klimaatsverandering moet dra. Dit is nie goed nie.”
Brown sê Trump gaan dit egter nie so maklik vind nie: “Die Parys-verdrag kom saam met verpligtinge waarvan Amerika nie kan wegstap nie. Die meeste van die goed ingeligte leiers en burgers van Amerika, wat nie met korporatiewe koolstofgebaseerde energie saamstem nie, ondersteun nie Trump se posisie nie.”
Volgens Brown het 187 burgemeesters en 10 goewerneurs reeds Trump se onttrekking veroordeel en beplan hulle om voort te gaan met die implementering van die Parys-verdrag en die bereiking van die doelwitte van die klimaatsverdrag.
Brown sê Trump is ook verkeerd wanneer hy sê die onttrekking aan die Parys-verdrag is goed vir werksgeleenthede in Amerika en die Amerikaanse ekonomie.
“As maatreëls om kweekhuisgasse te verminder nie getref word nie, sal dit op die medium tot lang termyn baie groter ekonomiese gevolge vir Amerika hê. Om nie in groen ekonomie te belê nie, sal Amerika se mededingende voordeel ondermyn.”
GROEN EKONOMIE
Brown sê groen ekonomie in Amerika het vinniger as die res van die land se ekonomie gegroei.
“Die Trump-administrasie draai sy rug op een van die grootste, mees dinamiese en belangrikste groeigebiede - een wat letterlik die planeet red. Met hierdie besluit het Trump Amerika se diplomatieke en leierskapsposisie in die wêreld ernstig verlaag.”
Brown sê Amerika (soos verteenwoordig deur die Oval Office) moet gesien word as 'n onbetroubare wêreldvennoot, 'n vennoot met 'n gebrek aan langtermynwêreldvisie en integriteit, en 'n vennoot wat nie wetenskap of risiko verstaan nie.
“Ons weet die afgelope 25 jaar reeds genoeg van wetenskap en die impak van klimaatsverandering. Dit het soveel tyd vir die wêreldregerings geneem om in 2015 saam te stem oor die Parys-verdrag,” het Brown gesê.
“Wat grootliks bygedra het tot die vertraging daarvan was die voorstaan van valse inligting - meestal afkomstig van Amerika met betrekking tot die koolstof-gebaseerde energiesektor. Die wêreld het verby hierdie valshede beweeg, maar mnr. Trump het ons teruggehou," het Brown bygevoeg.
Hy sê die res van die wêreld het intussen vorentoe beweeg met die Europese Unie (EU), China en Indië wat hul steun duidelik gemaak het.
“Ons moet na nuwe wêreldleierskap op die gebied van klimaatsverandering soek. Die Trump-administrasie se besluit sal sleg wees vir Amerika én die planeet.”
Brown meen daar sal steeds vooruitgang wees weens al die ander lande se toewyding aan die Parys-verdrag, maar vooruitgang sal stadiger wees sonder Amerika se steun.
“Die grootste verloorder is Amerika.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie