Amerika onttrek aan VN se raad vir menseregte
Die onttrekking is Amerika se jongste stap in sy verwerping van multilaterale optrede.
Amerika het hom Dinsdag onttrek aan die Verenigde Nasies (VN) se menseregteraad oor die organisasie se “aanhoudende vooroordeel jeens Israel en gebrek aan hervorming”.
Amerika het die menseregteraad “selflonend en skynheilig” genoem.
Aktiviste het gewaarsku dat die stap dit selfs nog moeiliker sal maak om menseregte oor die wêreld heen te bevorder.
Die Amerikaanse ambassadeur in die VN, Nikki Haley, het Rusland, China, Kuba en Egipte gekap omdat die lande Amerika se pogings om die raad te hervorm, in die wiele ry. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, was saam met haar in Washington waar die aankondiging gedoen is.
Sy het ook lande gekritiseer wat dieselfde waardes as Amerika het en Washington aangemoedig het om aan te bly, maar “onwillig is om die status quo uit te daag”.
Die onttrekking is Amerika se jongste stap in sy verwerping van multilaterale optrede, nadat hy ook aan die Parys-klimaatooreenkoms onttrek het en in 2015 aan die Iran-kernkragooreenkoms.
Amerika word die laaste week erg gekap oor die aanhouding van immigrante se kinders wat van hul ouers geskei is by die grens met Mexiko.
“Kyk net na die lede van die raad en jy sal 'n aaklige disrepek vir die mees basiese regte sien,” het Haley gesê en Venezuela, China, Kuba en die Demokratiese Republiek die Kongo genoem.
Sy het nie na Saoedi-Arabië verwys nie - menseregtegroepe het in 2016 geëis dat die land geskors moet word weens die sterftes van burgerlikes in die Jemen-oorlog.
Van die hervormings wat Amerika wou hê, sluit in om dit makliker te maak om lidlande met swak rekords uit te skop. Tans is 'n meerderheid van twee derdes van die algemene vergadering van die VN nodig om 'n lidland uit te skop.
–Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie