Amerika slaan 'spyker in doodskis' in Jerusalem
Amerika slaan 'spyker in doodskis' in Jerusalem

Amerika slaan 'spyker in doodskis' in Jerusalem

Amerika het amptelik sy konsulaat in Jerusalem, wat hoofsaaklik ’n ambassade vir die Palestyne was, gesluit.

Dié werk sal nou deur ’n Palestynse sake-eenheid gedoen word onder beheer van die land se ambassade in Israel.

David Friedman, Amerika se ambassadeur in Israel, is bekend as ’n ondersteuner van die land se beleid om Israelse setlaars in die Wesbank te vestig. Hy is ook ’n sterk kritikus van die Palestynse leierskorps.

Die aankondiging dat die konsulaat sluit, is Maandagoggend in Jerusalem gedoen deur Robert Palladino, ’n woordvoerder van Amerika se departement van buitelandse sake.

Dit dui nie op ’n verandering in Amerika se beleid ten opsigte van Jerusalem, die Wesbank of die Gaza-strook nie.

“Dit dui nie op ’n verandering in Amerika se beleid ten opsigte van Jerusalem, die Wesbank of die Gaza-strook nie,” sê hy.

Saeb Erekat, ’n Palestynse amptenaar, beskryf die verandering as “die laaste spyker in die doodskis wat betref Amerika se vredesrol in die gebied”.

Die Palestyne voel die verandering dui daarop dat Amerika Israel se beheer oor Oos-Jerusalem en die Wesbank aanvaar. Dit is twee gebiede wat die Palestyne deel wil hê van ’n toekomstige Palestynse staat.

Verlede jaar het Amerika tot groot ontsteltenis van die Palestyne Jerusalem erken as Israel se hoofstad, en sy ambassade daarheen verskuif. Toe het die Palestyne die meeste van hul bande met Amerika verbreek.

Amerika het toe ook humanitêre hulp ter waarde van honderde miljoene dollar aan die Palestyne afgesny, wat hulp aan hospitale en vredesprogramme ingesluit het.

In 2018 het Amerika die Palestynse diplomatieke missie in Washington toegemaak.

Die Trump-regering het gesê die stappe is gedoen weens die Palestynse leiers se onwilligheid om aan vredesgesprekke met Israel deel te neem.

Intussen is daar nog niks gesien van Amerika se “Deal of the Century” om die konflik tussen Israel en die Palestyne te beëindig nie.

Trump se skoonseun, Jared Kushner, het nog laas gesê die plan sal onthul word ná die Israelse verkiesings in April.

Die Palestyne het reeds die plan afgekeur omdat hulle glo Amerika is partydig vir Israel. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!