Amerika stem
Die wedloop vir die Withuis
Estelle de Bruyn - In die eerste debat tussen die twee grootste partye se kandidate Dinsdagaand in Amerika het die temperamente van die kandidate duidelik aan die lig gekom. Amerika en die wêreld sal tot die nag van 8 November moet wag om te sien of Hillary Clinton van die Demokrate of Donald Trump van die Republikeine die 45ste president van die magtigste land ter wêreld sal wees.
Om die verkiesing te wen, moet een van die kandidate 270 stemme van die 538 kieskollege-stemme op hom of haar verenig. Dit is egter nie net die twee grotes wat mekaar by die stembus aanvat nie. Daar is ook Gary Johnson van die Libertarians, Darell Castle van die Grondwetlike party, Jill Stein van die Groen Party en Roque (Rocky) de la Fuente van die Hervormingsparty in die wedloop.
Groot belangstelling heers ook oor die uitslae in die sogenaamde “swaaistate”, Ohio, Pennsilvanië, Noord-Carolina, Nevada, Colorado, Misssouri, en Florida. In vorige verkiesings het die pendulum geswaai en soms het kiesers vir die Demokrate en ander kere vir die Republikeine gestem.
Amerikaners in die
buiteland stem só
Volgens die hoof van konsulêre dienste van die Amerikaanse ambassade in Windhoek, mnr. Stacey Sutton, woon, benewens lede van die vredeskorps en toeriste, ongeveer 800 Amerikaners in Namibië. Terselfdertyd woon en werk miljoene Amerikaners elders buite Amerika se grense en hulle is geregtig om in die komende verkiesing te stem.
“Amerika het nie ’n federale kiesstelsel nie. Daar is egter 54 verskillende stelsels wat in die deelstate, gebiede en Washington D.C. geld. Indien kiesers nie seker is hoe gestem word in die betrokke kiesafdeling of deelstaat waar hy of sy geregistreer is nie, kan hulle www.fvap.gov vir meer inligting besoek,” sê Sutton.
“Elke deelstaat se reëls vir registrasie is anders, maar daar is ’n FCPA, oftewel federale poskaartaansoek en versoek om ’n stembrief, wat ingevul moet word. Verskillende deelstate het ook verskillende reëls vir die stemmery. In sommige state kan per e-pos, faks of gewone pos gestem word. Omtrent 44 state laat stemmery deur middel van e-pos toe, ander het weer gemengde reëls.”
Een van die personeellede van die ambassade in Windhoek is in Florida geregistreer en hy moet ’n dekbrief onderteken waarin hy van sy reg op privaatheid en die geheimhouding van sy stem afstand doen. Dié brief word saam met die stembrief gefaks. Florida aanvaar nie e-posstemme nie. Slegs kiesers wat hulle in die buiteland bevind, het die reg om per faks te stem.
Volgens Sutton is sy deur oop vir enige Amerikaner wat wil stem, maar nie vertroud is met die stelsel nie. Stembriewe kan ook in die diplomatieke possak na Amerika versend word. Dit is een van enkele uitsonderings waar dié sak vir ’n ander doeleinde as slegs diplomatieke korrespondensie gebruik mag word.
Die sperdatum vir die registrasie van kiesers en aansoeke om stembriewe is 11 Oktober.
Handgeskrewe stembriewe
Op federale vlak word voorsiening gemaak vir handgeskrewe stembriewe wanneer iemand byvoorbeeld geregistreer is, maar nie ’n stembrief ontvang het nie of dit verloor het.
Die verskillende deelstate maak ook voorsiening vir vooraf-stemmery en in sommige deelstate kan kiesers drie of vier weke voor die verkiesingsdag reeds hul stemme uitbring. Dit help veral bejaarde kiesers wat nie vir lang tye op stemdag in rye hoef te staan nie.
Nog ’n interessante verskynsel op stembriewe is dat, benewens die kandidate se name, ook voorsiening gemaak word vir ’n plek waar ’n kieser met die hand die naam vir ’n ander kandidaat, wie se naam nie op die stembrief verskyn nie, kan aanbring.
Die reg om te stem
Een van die belangrikste regte van Amerikaanse burgers is die reg om te stem. Kragtens die oorspronklike grondwet was net wit mans bo die ouderdom van 21 jaar stemgeregtig.
Na verskeie wysigings oor die jare kan alle burgers bo die ouderdom van 18 jaar, ongeag, ras, godsdienstige oortuiging, geslag of seksuele oriëntasie stem. Ten einde te stem, moet alle voornemende kiesers, met die uitsondering van mense in Noord-Dakota, as kiesers registreer. Die registrasieproses verskil van deelstaat tot deelstaat.
Die pad na volle stemreg was volgens die webtuiste van die Withuis lank en dikwels uitdagend.
Swart- en vroue-stemreg
Swart Amerikaanse kiesers is stemreg gegee ingevolge die 14de en 15de wysigings aan die grondwet, wat in die sogenaamde rekonstruksietyd ná die burgeroorlog aanvaar is. Hierdie wysigings waarborg alle manlike burgers, ongeag ras, gelyke behandeling kragtens die wet en bepaal dat hulle nie van hierdie regte ontneem mag word sonder dat ’n korrekte proses gevolg is nie.
Dit was egter nie die einde van die stryd van swart Amerikaners om stemreg te kry nie. Vanweë wydverspreide diskriminasie in sommige state, insluitende die heffing van sekere belasting, die sogenaamde oupa-klousule en geletterdheidstoetse, was baie swart Amerikaners stemreg ontneem totdat pres. Lyndon Baines Johnson in 1965 die wet op stemreg onderteken het.
Vrou is stemreg ontneem tot 1920, toe die 19de grondwetlike wysiging aanvaar is. Vóór dit kon vrou net in sekere deelstate stem.
Indirekte verkiesing
Presidentsverkiesings vind elke vier jaar plaas en federale verkiesings elke twee jaar. Elke lid van die Huis van Verteenwoordigers en ongeveer een derde van die Senaat is in enige gegewe verkiesingsjaar herverkiesbaar.
Die verkiesing van die president en visepresident is ’n indirekte verkiesing waarin stemgeregtigde kiesers in elk van die 50 deelstate en Washington D.C. stem om lede van die Amerikaanse kieskollege aan te wys. Hulle staan bekend as verkiesers.
Elke deelstaat het ’n aantal verkiesers, gelykstaande aan die totaal van ’n deelstaat se afgevaardigdes in albei Huise van die Kongres.
Met die bekragtiging van die 23ste grondwetlike wysiging in 1961 het die Distrik van Columbia ook ’n aantal verkiesers gekry, gelykstaande aan die aantal verkiesers van die deelstaat met die minste verkiesers. Amerikaanse gebiede, Puerto Rico, Guam, die Noordelike Mariana-eilande, die Amerikaanse Maagde-eilande en Amerikaans-Samoa het egter nie verteenwoordiging in die kieskollege nie.
Alle deelstate hou hul afsonderlike verkiesings om verkiesers aan te wys. Sodra hulle verkies is, staan dit verkiesers vry om te stem vir wie hulle wil. Met seldsame uitsonderinge, soos ’n verkieser wie se steun nie aan ’n spesifieke kandidaat toegesê is nie of “troulose verkiesers,” stem die verkiesers vir die president- en visepresidentskandidate wat die meeste steun in die deelstaat gekry het. Hul stemme word vroeg in Januarie deur die Amerikaanse kongres gesertifiseer.
Die verkiesers stem dan op hulle beurt regstreeks, by wyse van sogenaamde verkiesingstemme, vir die president en visepresident. Die kandidaat wat die absolute meerderheid van die verkiesingstemme ontvang, word aangewys as president of visepresident.
Indien nie een van die kandidate ’n volstrekte meerderheid ontvang nie, verkies die Huis van Verteenwoordigers die president en as nie een van die visepresidentskandidate ’n meerderheid gekry het nie, verkies die Senaat die persoon.
Dinsdag in November
Presidentsverkiesings word sedert 1845 elke keer op die Dinsdag ná die eerste Maandag in November gehou en val saam met algemene verkiesings in federale deelstate en plaaslike owerhede. Die spesifieke dag is gekies vanweë verskillende oorwegings, soos die weer, oestyd en aanbidding. Toe kiesers in die verlede te perd na stembusse moes reis, was Dinsdag ideaal omdat mense die geleentheid gekry het om Sondag kerk toe te gaan, Maandag na die stembus te reis en Dinsdag te stem, alles voor markdag, wat op Woensdae plaasgevind het.
November is ook uiters geskik omdat dit tussen die oestyd en die strawwe winterweer is, wat dit moeilik vir mense sou maak om te perd of met ’n perdekar stembus toe te ry.
Vanjaar se verkiesing, die 58ste keer dat Amerika ’n president verkies, sal op 8 November plaasvind.
Die president se termyn begin op 20 Januarie, al vind die inswering eers op 21 Januarie (as 20 Januarie op ’n Sondag val) plaas.
Aanloop tot verkiesing
Die nominasieproses vir kandidate, die hou van voorverkiesings, partykoukusse en nominasiekonvensies, is nie in die Amerikaanse grondwet voorgeskryf nie, maar het oor die jare in die verskillende deelstate en politieke partye ontwikkel.
Die nominasiekonvensies vind in die Amerikaanse somer plaas en is ook ’n indirekte verkiesingsproses. Kiesers stem in elke Amerikaanse deelstaat, Washington D.C. en die Amerikaanse gebiede vir afgevaardigdes wat hulle by die party se konvensie verteenwoordig om vir hul presidentskandidaat te stem.
Die presidentskandidate kies self hul visepresidentskandidate, wat saam met hulle aan die wedloop deelneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie