Amerika steun Covid-reaksieplan
Amerika steun Covid-reaksieplan

Amerika steun Covid-reaksieplan

Fokus is geplaas op infeksiebeheer en die gebruik van persoonlike beskermende toerusting (PPE).
Meer as 400 gesondheidswerkers in Namibië het onlangs gebaat by virtuele opleiding om hulle vir die land se stryd teen Covid-19 te bemagtig.

Die opleiding is deel van die Amerikaanse ambassade se ondersteuning van Namibië se gereedheids- en reaksieplan en is moontlik gemaak danksy finansiering van die sentrum vir siektebeheer (CDC) se stigting. Dit het by die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se nasionale opleidingsentrum vir gesondheidsorg plaasgevind. Die finansiering is bykomend tot die N$100 miljoen in Amerikaanse ondersteuning tot Namibië se reaksieplan teen Covid-19 wat vroeër vanjaar aangekondig is.

Die opleiding het gefokus op infeksiebeheer met die gebruik van persoonlike beskermende toerusting (PPE), hoe om Covid-19-verwante sterftes te hanteer, asook gevallebestuur vir Covid-19-pasiënte.

Die virtuele opleidingsessies in die afgelope weke is ook opgeneem, wat beteken gesondheidswerkers wat dit nie kon bywoon nie, kan steeds na die video-opname kyk.

Die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en Voorkoming (CDC), die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (USAID) en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het tegniese hulp in die voorbereiding van die riglyne en opleidingsessies verskaf.

Na afloop van die huidige opleidingskursus vir gesondheidswerkers sal die CDC Stigting vandeesmaand ook bykomende opleiding verskaf aan skoonmakers, paramedici en korrektiewe beamptes, asook ander beroepslui wat deel van die Covid-19-reaksieplan vorm.

Ander aktiwiteite van die Amerikaanse ambassade in Namibië gefinansier word en wat voortgaan, is gebaseer op vier pilare, naamlik die versterking van Namibiese laboratoriums se toetskapasiteit, die versterking van plaaslike gemeenskappe oraloor in die land asook Namibië se noodreaksie tot epidemies en die voortgesette verskaffing van Amerikaanse mediese en tegniese kennis deur middel van CDC-personeel.

Gesondheidswerkers kan vir meer inligting oor die opleiding vir Elsie Kauuova (else. [email protected]) of Ansie Benjamin ([email protected]) of (061) 203 2586 by die nasionale opleidingsentrum kontak. Lede van die publiek met vrae oor Covid-19, kan die tolvrye hulplyn by 0800 100 100 skakel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!