Amerika steun stryd teen wildsmokkelary
Amerika steun stryd teen wildsmokkelary

Amerika steun stryd teen wildsmokkelary

Die Amerikaanse regering ondersteun die Buro van Internasionale Narkotika en Wetstoepassing se Inama-projek met US$1 miljoen.
Francoise Steynberg
Die Amerikaanse ambassade in Namibië het 'n operasionele beplanning-opleidingskursus vir doeane- en ander wetstoepassers van 14 lande in Windhoek in samewerking met die Wêreld Doeane-organisasie (WCO) aangebied.

“Die Amerikaanse ambassade is trots om die stryd teen wildsmokkelary te beveg,” lui die gesamentlike mediaverklaring met die Amerikaanse regering se Buro van ­Internasionale Narkotika en Wetstoepassing (INL) wat die kursus ten volle finansier het.

Amerika het die projek die ­afgelope drie jaar met US$1 miljoen ondersteun.

Die opleidingskursus fokus op operasionele beplanning van doeanebeamptes om die onwettige handel in wild te verminder. Amptenare wat aan die kursus deelgeneem het, kan die gespesialiseerde opleiding dadelik in hul daaglikse take in grenssekuriteit, wetstoepassing en immigrasie implementeer om die vloei van onwettige smokkelgoed te voorkom.

Die opleiding is deel van die WCO se Inama-projek (Inama beteken 'wilde diere' in die Zambiese Bemba-taal). Die Inama-projek fokus op die versterking van die kapasiteit van wets­toepassing in geteikende doeane-administrasies in Afrika suid van die Sahara waar op die onwettige handel in wild (fauna en flora), veral bedreigde spesies, gefokus word.

“Die Amerikaanse ambassade sal voortgaan om die regering van Namibië te ondersteun, asook om wildsmokkelaars te stop om die waarde­volle hulpbronne van Namibië en ander lande te plunder,” lui die verklaring.

Die slypskool is deur 30 deelnemers van Namibië, Angola, Botswana, Ghana, Hongkong, Malawi, Maleisië, Mosambiek, Nigerië, Singapoer, Tanzanië, Thailand, Uganda, Viëtnam en Zambië bygewoon.

Die Amerikaanse adjunkmissiehoof, mnr. John Kowalski, het gesê alle lande het stelsels in plek om die beweging van wettige goedere te fasiliteer: “Dit is hul plig om beter operasionele metodes te vind om die beweging van onwettige goedere te stop.”

Die waarnemende hoof van die ­Namibiese doeane in die ministerie van finansies, mnr. Uazapi Maendo, het die belangrikheid van die beskerming van bewaringsgebiede erken. Hy het gesê opleiding soos hierdie moet voortdurend plaasvind om deelnemers se kennis in gebiede van wildhandel te verbeter, asook oorgrens betrekkinge tussen lande.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!