Amerika stuur nóg troepe na die Midde-Ooste
Die verhouding tussen die VSA en Iran het begin versuur nadat Amerika hom aan ’n kernwapenooreenkoms onttrek het.
Amerika het Maandag aangekondig dat minstens nóg 1 000 troepe na die Midde-Ooste gestuur gaan word.
Dit kom nadat hy reeds verlede maand aangekondig het dat hy 1 500 troepe na die gebied gaan stuur.
Patrick Shanahan, waarnemende minister van verdediging, het aangekondig dat Amerika die bykomende troepe vir verdedigingsdoeleindes gaan stuur.
Die VSA en Iran is sedert verlede week weer haaks nadat die Amerikaanse regering ’n video uitgereik het wat glo bewys dat die Iranse rewolusionêre wag (IRW) vir die aanvalle op twee olietenkskepe verantwoordelik is.
Die skepe, een van Noorweë en die ander van Japan, is in die Straat van Hormoes aangeval. Dit is die toegangsroete vir bykans 20% van die olie wat wêreldwyd verbruik word.
PLOFTOESTEL
Die prys van ruolie het ná die aanval met 4% gestyg, maar later weer met 2% teruggesak.
’n Ploftoestel wat nie afgegaan het nie, is gesien aan die kant van een van die olietenkskepe wat Donderdag aangeval is.
’n Amerikaanse amptenaar vermoed dit is ’n kleefmyn en sê dat as dit wel die geval is, sal dit dieselfde wyse wees waarop vier olietenkskepe verlede maand naby die kus van die Verenigde Arabiese Emirate aangeval is.
Die spanning tussen Amerika en Iran het sedert hierdie aanvalle toegeneem nadat Washington dié land daarvoor geblameer het.
Die verhouding tussen die VSA en Iran het begin versuur nadat Amerika hom aan ’n kernwapenooreenkoms onttrek het en weer oliesanksies teen Iran ingestel het.
Amerika het daarna ook sy bondgenote verbied om olie van Iran te koop.
PERK OP URAANVERRYKING
Iran het Maandag druk op Europa begin uitoefen oor die skaakmat-situasie waarin hy hom met die VSA bevind.
Behroez Kamalwandi, woordvoerder van die land se atoomenergie-organisasie, het gesê hulle is besig om al hoe meer uraan te verryk.
Teen die huidige tempo sal hulle die toegelate kerf van halfverrykte uraan wat hulle mag besit binne tien dae verbysteek, het hy gesê.
Volgens die kernooreenkoms wat in 2015 tussen Iran, die VSA, Frankryk, Duitsland en Brittanje gesluit is, mag dié Midde-Oosterse land 300 kg halfverrykte uraan besit. In ruil daarvoor word sanksies teen hom verslap.
Amerika het hom verlede jaar aan die kernooreenkoms onttrek en wil sanksies nie verlig nie omdat Iran volgens hom nie die vereistes van die ooreenkoms nakom nie.
“Daar is wel nog tyd indien die Europese lande dringend optree,” het Kamalwandi gesê.
“Sodra hulle hul onderneming nakom, sal dinge na normaal terugkeer,” het hy met verwysing na die sanksies gesê.
Die Europese ondertekenaars van die ooreenkoms probeer al lank ’n meganisme ingestel kry om handel met Iran teen Amerikaanse sanksies te beskerm. Volgens Iran word met dié proses gesloer.
Mike Pompeo, Amerikaanse minister van buitelandse sake, het Sondag gesê hulle wil nie oorlog teen Iran voer nie, maar sal alle moontlike optrede oorweeg – insluitend diplomasie – om te verseker dat die belangrike skeepsroetes in die Midde-Ooste oop bly. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie