Amerika trek weer los met lugaanvalle op Afganistan
Amerika trek weer los met lugaanvalle op Afganistan

Amerika trek weer los met lugaanvalle op Afganistan

Nadat die Westerse Amerikaans-geleide koalisie grootliks aan Afganistan onttrek het, het Amerika oënskynlik nou weer by die stryd teen die Taliban en IS in die land betrokke geraak.
In 'n nuwe vlaag van lugaanvalle het Amerika binne vier dae 24 missiele op bepaalde teikens in die noorde van Afganistan afgevuur.

Hoewel die Amerikaanse magte se optrede in Afganistan toeneem, is daar die eerste keer sedert 2009 'n besluit deur die inspekteur-generaal vir die heropbou van Afganistan (Sigar) geneem om inligting oor die weermag se bedrywighede daar te beperk.

Die nuusagentskap Al Jazeera berig dat die Amerikaanse Pentagon nou die bekendmaking van inligting beperk oor die uitdagings waardeur die ontplooide magte in Afganistan in die gesig gestaar word.

Dit sluit 'n kwartaallikse verslag in wat Sigar gewoonlik uitgee en wat inligting bevat oor die gebiede wat deur die Taliban-magte beheer word.

Sigar het Maandag in 'n verslag gesê dat dié inligting nie meer bekend gemaak sal word nie.

Die militêre magte in Afganistan het ook die eerste keer sedert 2009 nie inligting bekend gemaak oor hoeveel weermag­lede in die gebied ontplooi is nie.

Amerika sê dit volg op 'n besluit van die Noord-­Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) se magte onder leiding van die ­Amerikaanse bevelvoerder in ­Afganistan, genl. John ­Nicholson, en is nie weens 'n besluit deur die Pentagon nie.

In Sigar se mees onlangse verslag is gesê dat die Taliban sowat 43% van die distrikte in die land beheer, berig Al Jazeera.

Afganistan ervaar tans 'n groot vlaag van geweld, met meer as 100 mense wat in Januarie dood is toe 'n motorbom wat in 'n ambulans versteek is, in Kaboel ontplof het.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!