Amerika verleng sanksies teen Soedan
Pres. Barack Obama het Amerika se sanksies teen Soedan met nog ''n jaar verleng en sê Kartoem se beleidsrigtings bly ''n “buitengewone bedreiging” vir die nasionale veiligheid van Amerika.
Soedan is sedert 1997 onderworpe aan ''n Amerikaanse handelsembargo vir steun aan Islamitiese groepe. Al-Kaïda se leier, Osama bin Laden, was vanaf 1992 tot 1996 in Kartoem gestasioneer.
In onlangse jare is die Soedanese regering se verskroeide aarde taktieke teen etniese minderheidsrebelle in Darfoer as rede aangevoer waarom die sanksies nie opgehef is nie.
Obama het Maandag opdrag gegee dat die sanksies vir nog ''n jaar vanaf 3 November verleng word.
“Die optrede en beleid van die regering van Soedan gaan voort om ''n buitengewone bedreiging vir die nasionale sekuriteit en buitelandse beleid van Amerika te wees,” het hy in ''n verklaring gesê.
Daar was bespiegelinge dat die sankies moontlik opgehef kon word, ná herhaalde besoeke die afgelope maande aan Kartoem deur Amerika se spesiale gesant, Donald Booth.
In ''n afsonderlike verklaring deur die Amerikaanse ambassade in Kartoem, word gesê die sankies is bloot tegnies van aard en dat dit steeds verlig kan word.
Dit was “deel van ''n roetine, jaarlikse proses wat nie die vermoë van die president om sanksies op enige tydstip in die toekoms te verlig, in die gedrang bring nie,” lui die verklaring deur die ambassade.
Amerika, wat Soedan sedert 1993 op ''n swartlys as borg van terrorisme het, is van voorneme om voort te gaan met sy beleid van betrokkenheid, voeg die ambassade by.
Washington was ''n sleutelrolspeler in die vredesooreenkomste wat in 2011 tot Suid-Soedan se onafhanklikwording gelei het en daar was destyds sprake dat Soedan, as beloning, van die swartlys verwyder sou word.
Die Darfoer-konflik vertroebel egter steeds betrekkinge.
Pres. Omar al-Bashir word deur die Internasionale Geregshof gesoek op klagte van oorlogmisdade en volksmoord, wat met die konflik verband hou. Hy ontken die klagte.
In September verlede jaar het Washington geweier om ''n visum aan Basjier uit te reik om die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies (VN) by te woon en as verduideliking die Internasionale Geregshof se dagvaarding aangevoer.
Die VN sê minstens 300 000 mense is dood en meer as 2,5 miljoen is haweloos gelaat sedert die Darfoer-konflik in 2003 uitgebreek het.
- Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie