Amerika waarsku China oor missiele
Amerika waarsku China oor missiele

Amerika waarsku China oor missiele

Amerika het China gewaarsku dat hy die gevolge sal dra vir toenemende militarisering in die Suid-Chinese See ná berigte dat missiele in drie van dié land se betwiste streke ontplooi is.

CNN berig dat Amerikaanse intelligensiedienste vasgestel het dat daar ’n moontlikheid is dat die Chinese weermag skeeps- en lugafweermissiele op drie kunsmatige eilande tydens hul militêre oefening in April in die betwiste Suid-Chinese See ontplooi het.

’n Amptenaar van die Amerikaanse departement van verdediging sê dit is onduidelik of die missiele agtergebly het ná die oefening.

Die Suid-Chinese See is een van die mees betwiste gebiede ter wêreld, met oorvleuelende grondgebiedseise deur onder meer China, die Filippyne en Viëtnam.

Sarah Sanders, mediasekretaris van die Withuis, sê die aangeleentheid is met die Chinese regering bespreek.

“Ons is ten volle bewus van China se militarisering in die Suid-Chinese See”, sê sy.

“Daar sal gevolge op kort termyn en lang termyn wees en ons sal julle op hoogte hou,” sê Sanders. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!