Amerika wil weer ‘ouboet’ wees
Die VSA se ambassadeur in Namibië belowe om nog baie geld vir ontwikkeling te skenk.
Augetto Graig – Die ambassadeur van die Verenigde State van Amerika (VSA) in Namibië, me. Lisa Johnson, sê pres. Joe Biden pas 'n nuwe benadering tot buitelandse beleid toe. Hy wil die wêreld wys “die sterk, betroubare Amerika wat omgee, is terug,” sê sy.
Binne die eerste 30 dae ná sy aanstelling het die nuwe Amerikaanse president op 19 Februarie sy land weer tot die Parys-verdrag vir klimaatsverandering verbind, sê sy.
Amerika sal 'n omgewingsbewaringsteiken bepaal waartoe hy homself sal verbind en sal bydra tot die Verenigde Nasies (VN) se COP26 op 22 April, waar Biden 'n beroep op 'n klimaatsberaad vir leiers wil doen, sê sy.
Biden se administrasie besef die manier hoe die wêreld werk, het 'n negatiewe invloed op klimaatsverandering.
“Dit is nie iets waarvan mens kan wegskram nie. Daar is wonderlike idees veral uit individuele deelstate (in Amerika) en 'n beweging na veerkragtigheid vanaf grondvlak boontoe. Met 'n hupstoot van die nuwe regering glo ek ons het die momentum (om aanpasbaar te wees),” sê sy.
Gedurende pres. Donald Trump, sy voorganger, se termyn is vroeër verpligtinge ter bekamping van besoedeling herroep.
“Baie is reeds gedoen en verskeie uitvoerende bevele is deur die president (Biden) uitgereik. Van dié veranderinge sal tyd neem om uit te voer, omdat dit in samewerking met die kongres gedoen moet word. Ons fokus is tans op Covid-19, die grootste kwessie op die tafel.”
GESONDHEID 'n FOKUS
Ten opsigte van toegang tot Covid-entstowwe, bewillig die VSA US$2 miljard vir die Covax-ingryping om ontwikkelende lande ook van entstowwe te voorsien. Johnson sê Amerika is die grootste bydraer tot Covax.
Namibië sal US$1 miljoen deur die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling (USAid) ontvang, vir opleiding en openbare opvoeding oor die entstowwe, met tegnologie en rekenaarkundige steun om die register en opsporing van entstofontvangers te vergemaklik, sê sy.
Gesondheid bly die fokuspunt in terme van Amerikaanse steun aan Namibië, sê sy, met meer as US$90 miljoen wat vir verskeie doeleindes jaarliks aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste bewillig word.
“Namibië is die voorloper in die beheer van pandemies in Afrika en saam beweeg ons nader aan 'n vigsvrye generasie. Die afgelope maande het die VSA se sentrum vir die voorkoming en beheer van siektes (CDC) nou saam met die gesondheidsministerie gewerk.
“Veral die uitrusting en kapasiteitsvergroting van laboratoriums het ons baie gehelp. Ons dek die koste van verskeie poste en betaal ook vir kliniese studies,” sê sy.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie