Amerikaanse aanval in Jemen eis 30 lewens
Amerikaanse aanval in Jemen eis 30 lewens

Amerikaanse aanval in Jemen eis 30 lewens

'n Aanval in Jemen deur Amerikaanse spesiale magte het die lewe van burgerlikes, onder wie vrouens en kinders, geëis.
Estelle de Bruyn
'n Kommando-aanval vandeesweek waarin tientalle burgerlikes dood is en wat deur Amerika se pres. Donald Trump goedgekeur is, kan Al-Kaïda in Jemen 'n propaganda-hupstoot gee.

Dit is die mening van die Inter­national Crisis Group (ICG).

Plaaslike medici sê 30 mense, insluitende tien vroue en kinders, is in die helikopteraanval dood, wat deur die Amerikaanse vloot se SEAL-magte op 'n groep huise in Jemen se suidelike al-Bayda-provinsie uitgevoer is. Al-Kaïda het in 'n verklaring gesê 'n senior leier en 'n ongespesifiseerde aantal ander militante is in die aanval dood. Een Amerikaanse soldaat is ook in die aanval dood, het 'n Pentagon-woordvoerder gesê wat beweer van die vroue het op Amerikaanse magte geskiet.

“Die aanval is 'n goeie voorbeeld van wat om nié te doen nie,” het April Alley 'n senior ontleder van ICG en 'n deskundige in Arabiese skiereiland-aangeleenthede, gesê.

“Die gebruik van Amerikaanse magte en die hoë burgerlike dodetal is hoogs opruiend en vuur anti-Amerikaanse sentiment oral oor Jemen se politieke spektrum aan, wat in die guns van Al-Kaïda in die land tel,” het sy gesê.

Byna twee jaar se burgeroorlog in die verarmde land het meegebring dat plaaslike takke van Al-Kaïda en die Islamitiese Staat-groep (IS) uitgebrei het en hernude aanvalle in Jemen uitvoer.

- Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!