Amerikaanse ambassade verleng dataklerke se kontrak
Amerikaanse ambassade verleng dataklerke se kontrak

Amerikaanse ambassade verleng dataklerke se kontrak

Henriette Lamprecht
Die Amerikaanse ambassade het deur die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming die kontrak van 11 dataklerke en vier openbare gesondheidspesialiste met nog ’n maand verleng.
Die aanvanklike kontrak vir die poste was vir drie maande wat nou weens die erns van die pandemie met nog ’n maand verleng is. Die dataklerke het gehelp om die uitslae van meer as 215 000 toetse tot op hede te verwerk. Volgens die ambassadeur, me. Lisa Johnson, help die ondersteuning om te verseker besluite word gemaak gebaseer op die jongste inligting wat beskikbaar is.
“Dit maak dit makliker vir Namibië om die nodige stappe te neem,” het me. Lisa Johnson gesê.
Die finansiering om die kontrakte is deel van die skenking van N$100 miljoen wat in April 2020 bekendgemaak is vir die stryd teen Covid-19.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer