Amerikaanse ambassadeur bedank vroue in bewaring
Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, me. Lisa Johnson (middel), het Dinsdag vroue in bewaringskringe vir hul leierskap bedank. Gaste was onder meer uit die toerisme- en jagbedryf, die ministerie van die omgewing en toerisme, die Wêreldnatuurfonds (WWF), Geïntegreerde Landelike Ontwikkeling en Bewaring (IRDNC), Nacso, Namibië se sambreelorganisasie vir die Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronnebestuurprogram (CBNRM) en die media. Links van Johnson is die adjunkminister van die omgewing en toerisme, me. Bernadette Jägger, en regs me. Maxi Louis, direkteur van Nacso. Foto Francoise Steynberg
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie