Amerikaanse beeskenner binnekort in Namibiu00eb
Amerikaanse beeskenner binnekort in Namibiu00eb

Amerikaanse beeskenner binnekort in Namibië

Ronelle Rademeyer
Een van die groot geeste op die gebied van beesproduksie in Amerika en iemand wat deur Breedplan se dr. Michael Bradfield as " een van die beste sprekers wat ek nog ooit gehoor het" , beskryf word, is op pad na Namibië.
Ryan Peterson van Leachman Cattle in Colorado sal op 6 Augustus een van die sprekers wees tydens Diethelm Metzger se derde beesinligtingsdag op sy plaas Neu-Otjisauona in die Seeis-omgewing.
Dié verrigtinge, wat om 09:00 begin en tot laatmiddag duur, beloof lesings oor die doeltreffende verhoging van beesproduksie wat telers en kommersiële beesboere met alles behalwe leë hande - of in dié geval min kennis - sal laat huiswaarts keer.
Peterson, wat 'n meestersgraad in dierewetenskap aan die Universiteit van Colorado verwerf het en sedert 2010 by Leachman Cattle of Colorado as onder meer kuddebestuurder en direkteur van verkope en kliëntediens werk, gaan twee onderwerpe bespreek:
• Wat moet die stoetteler van vandag doen om te verseker dat kommersiële produsente meer wins maak; en
• die seleksie van bulle, asook versseleksie en -ontwikkeling.
Leachman Cattle is 'n familieboerdery wat reeds vir langer as ses dekades stoetbeeste teel en baie tyd aan die bestudering van bloedlyne en teelwaardes bestee om bulle te teel wat groot genetiese veranderinge in die kommersiële kudde kan bring.
Prof. Frikkie Neser van die Universiteit van die Vrystaat wat geen onbekende in Namibië is nie, gaan kyk na genetiese verbetering, en die waarde daarvan in dollar en sent terwyl Kobus Bester, president van die Simmentaler-Simbra Telersgenootskap in Suider-Afrika, aan die woord sal wees oor wat die genootskap doen om genetika te verbeter en sodoende groter winste vir kommersiële produsente te verseker.
Laastens sal Metzer, wat al as 'n Suider-Afrikaanse stoetteler van die jaar aangewys is, oor die teelstelsel van sy Kamab Simbra-stoet praat.
Later die dag verskuif die lesings kraal toe wanneer Peterson die praktiese sy van die kennis wat vroeër gedeel is, sal demonstreer.
Metzger sê die doel van hierdie inligtingsdag is om kommersiële produsente oor moderne teeltegnologie in te lig sodat hulle die regte keuses maak wanneer hulle bulle aankoop.
“Stoettelers het ’n verantwoordelikheid teenoor kommersiële produsente. Verder moet alle beesboere voortdurend daarna streef om hul kuddes te verbeter,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano | Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.23 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.92 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.28 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1889.62 Up +2.40% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14282.71 Up +0.63% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31250.64 Up +1.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 659.62/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0095 | Zinc US$ 3 007.30/T DOWN 0% | Brent Crude Oil US$ 73.75/BBP DOWN -0.0195 | Platinum US$ 988.61/OZ UP +0.03% #N/A