Amerikaanse konserwatiewes vergader

Rusland se inmenging, skiet­voorvalle by skole en politieke onstuimigheid is van die kwessies wat op 'n konferensie in Washington bespreek word.
NAMPA
Duisende Republikeinse aktivis­te, swaargewigte in die party en nasionale politici, asook 'n afvaardiging van Frankryk se ultra-nasionaliste, kom van gister af vir die Amerikaanse konserwatiewes se jaarlikse konferensie (CPAC) byeen.

By dié geleentheid, in die Amerikaanse deelstaat Maryland, sal besin word oor die toestand van die populistiese rewolusie wat in 2016 Amerikaanse politiek tot in sy kern geruk en die Trump-era ingelui het.

Pres. Donald Trump sal môre die konferensie toespreek, 13 maande nadat hy die Withuis betree het.

Die godsdienstige, konserwatiewe visepres. Mike Pence spreek die ­konferensie vandag toe, asook die Withuis-raadgewer, Don McGahn, wat in die kollig is oor 'n Withuis-­veiligheidsklaringskandaal.

Verlede jaar het Trump 'n heldeontvangs by die geleentheid gekry. Die vorige jaar was hy as te ­omstrede beskou om genooi te word.

Die konferensie kom ten tye van verhoogde sensitiwiteit op vele fronte. Dit sluit beskuldigings in dat Trump se 2016-verkiesingsveldtog onwettig met Moskou gekoördineer is.

Trump het herhaaldelik enige same­swering met Rusland ontken, maar vier van Trump se verkiesingsveldtogbeamptes is reeds deur die spesiale ondersoekbeampte, Robert Mueller, in 'n staat van beskuldiging geplaas.

Konferensiegangers sal ook die vloek van Amerikaanse ­wapengeweld in die gesig moet staar, ná die jongste reeks skietvoorvalle by skole wat ­nasionale kommer wek.

Wapenregte is hoog op die agenda van die konferensie, met twee paneelbesprekings oor die onderwerp wat beplan word. – Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!