Amerikaanse mark swaai vir houtskool oop
’n Nuwe uitvoer-era wink vir houtskoolprodusente noudat hulle toegang tot die Amerikaanse mark het.
Ronelle Rademeyer - Die eerste besending Namibiese houtskool is tariefvry na die VSA uitgevoer.
Dit is ’n reusedeurbraak vir plaaslike produsente, aangesien Amerika die grootste houtskoolverbruiker ter wêreld is.
Dié 350 ton ter waarde van meer as N$2 miljoen is uitgevoer danksy 'n ooreenkoms tussen Africa Burns Charcoal, King Charcoal en hul Amerikaanse vennoot, The Good Charcoal Company. Dit word deur die Amerikaanse regering se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (USAID) ondersteun en span die kroon op jare se werk om aan die streng invoerregulasies te voldoen.
Die versending van die eerste vrag is op Vrydag 16 April in Windhoek gevier tydens ’n funksie waar die Amerikaanse ambassadeur, me. Lisa Johnson, die adjunkminister van nywerheidsontwikkeling en handel, me. Verna Sinimbo, asook die uitvoerders en die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) teenwoordig was. Belanghebbendes in Amerika het virtueel aan die verrigtinge deelgeneem.
Volgens ’n verklaring deur die Amerikaanse ambassade wil The Good Charcoal Company teen September 2022 altesaam 165 000 ton houtskool ter waarde van N$950 miljoen uit Namibië na die VSA invoer.
Johnson het die nuwe handelsgeleentheid met die VSA geloof en gesê die internasionale raad vir verantwoordelike bouboupraktyke, die Forest Stewardship Council (FSC), beskryf Namibiese houtskool as die “groenste houtskool op die planeet”. Sy het daarop gewys al die houtskool wat na die VSA uitgevoer word, is FSC-gesertifiseer. Dit beteken dit voldoen aan dié raad se standaarde vir omgewings-, ekonomiese en maatskaplike volhoubaarheid.
“Die Good Charcoal Company is entoesiasties om hierdie spesifieke volhoubare houtskool aan die Amerikaanse mark bekend te stel. Namibiese houtskoolprodusente het jare daaraan gewerk om na die Amerikaanse mark, die grootste houtskoolverbruiker ter wêreld, te kan uitvoer,” lui die verklaring.
Die hoofbestuurder van die Namibië Houtskoolvereniging (NCA), Michael Degé, hierdie eerste vrag na die VSA is ’n mylpaal vir dié vereniging en sy lede.
Hy het namens die uitvoerders, Africa Burns Charcoal en King Charcoal, gepraat en gesê: “Die ondersteuning van ontwikkelingsvennote soos USAID was die sleutel tot die bevordering van houtskool as ’n voorkeurproduk vir uitvoer, en hierdie mylpaal span die kroon op baie maande se harde werk om aan die nodige invoervereistes te voldoen. Ons besef die Amerikaanse mark is die sleutel tot groei in die houtskoolbedryf.”
Die eerste uitvoerbesending van 350 ton houtskool se waarde beloop nagenoeg US$150 000 (meer as N$ 2 miljoen).
As die Amerikaanse mark ontvanklik is vir Namibiese houtskool, is die Good Charcoal Company van plan om teen September 2022 altesaam 165 000 ton Namibiese houtskool in te voer. Dit sal ’n inkomste van US$ 65 miljoen (ongeveer N$ 950 miljoen) vir die plaaslike houtskoolbedryf skep.
Gegé sê dit sal werksgeleenthede skep en ekonomiese groei meebring in gemeenskappe waar die Covid-19-pandemie se negatiewe gevolge voortduur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie