Amerikaanse mark swaai vir houtskooluitvoerders oop
Amerikaanse mark swaai vir houtskooluitvoerders oop

Amerikaanse mark swaai vir houtskooluitvoerders oop

Ronelle Rademeyer
Die eerste besending Namibiese houtskool is tariefvry na die VSA uitgevoer.
Dit is 'n reusedeurbraak vir plaaslike produsente, aangesien Amerika die grootste houtskoolverbruiker ter wêreld is.
Dié 350 ton ter waarde van meer as N$2 miljoen is uitgevoer danksy 'n ooreenkoms tussen Africa Burns Charcoal, King Charcoal en hul Amerikaanse vennoot, The Good Charcoal Company. Dit word deur die Amerikaanse regering se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (USAID) ondersteun en span die kroon op jare se aanvoerwerk.
Die verskeping van die eerste vrag houtskool na die VSA is Vrydag in Windhoek bekend gemaak tydens 'n funksie waar die Amerikaanse ambassadeur, me. Lisa Johnson, die adjunkminister van nywerheidsontwikkeling en handel, me. Verna Sinimbo (onderskeidelik regs en links op die foto), asook die uitvoerders en die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) teenwoordig was.
The Good Charcoal Company wil teen September 2022 altesaam 165 000 ton houtskool ter waarde van N$950 miljoen uit Namibië na die VSA invoer.
Lees in die Mei-uitgawe van Die Boer wat op Woensdag 28 April in Republikein verskyn, meer hieroor.

Foto: Verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!