Amerikaanse soldate sterf in IS-aanval in Sirië
Die aanval word as die dodelikste sedert 2015 op Amerikaanse troepe in die land beskryf.
Tot vier Amerikaanse soldate is Woensdag in Sirië in ’n bomaanval deur die Islamitiese Staat (IS) dood.
Net weke gelede het pres. Donald Trump besluit om Amerikaanse troepe aan die land te onttrek omdat IS volgens hom verslaan is.
Dit is nie duidelik presies hoeveel Amerikaanse soldate in die aanval gesterf het nie. ’n Amerikaanse regeringsamptenaar het Woensdag bekend gemaak dat vier dood en drie gewond is, het Reuters berig. Volgens ander bronne is twee dood.
Die aanval word as die dodelikste sedert 2015 op Amerikaanse troepe in die land beskryf.
Die troepe was glo op ’n roetinepatrollie in die dorp Manbij in die noorde van Sirië. Die dorp is onder die beheer van Koerdiese magte.
Volgens ’n ooggetuie was die ontploffing by ’n restaurant in Manbij waar Amerikaners met vegters wat deur Washington ondersteun word, ontmoet het. Die Siriese menseregte-waghond het gesê 16 mense is in die ontploffing dood, onder andere twee Amerikaners.
’n Woordvoerder van die Pentagon het weer vroeër gesê twee Amerikaanse soldate is in die ontploffing dood,.
Volgens Aljazeera het pres. Tayyip Erdogan van Turkye bekend gemaak dat 20 mense in die aanval dood is, onder wie vyf Amerikaanse soldate. Die BBC berig dat drie Amerikaanse soldate, twee plaaslike veiligheidsbeamptes en 13 burgerlikes omgekom het.
Foto’s in ’n plaaslike Koerdiese nuusblad wys twee verminkte lyke en talle ander op die grond met ’n bloedbesmeerde muur en ’n beskadigde gebou en voertuie op die agtergrond. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie