Amerikaanse verkiesing begin
Joe Biden, die Demokratiese Party se presidentskanditaat het in die Amerikaanse verkiesing het al vyf stemme in Dixville Notch in Hampshire op die grens tussen Amerika en Kanada gewen.
Daarteenoor het pres. Donald Trump geseëvier met sestien stemme teenoor vyf vir Biden in Millsfield.
Dié resultate was die eerstes om vroegoggend net ná middernag bekendgemaak te word – kort nadat kiesers op die plekke vanaf middernag kon begin stem.
Naas hierdie plekke was stempunte in New York, New Jersey en Virginia in Amerika se oostelike state, vanmiddag ook van die eerstes om te open (06:00 in dié state of 13:00 plaaslike tyd), wat beteken Amerika se verkiesingsdag het amptelik begin.
Kiesers sal voorts besluit of Trump vir ‘n tweede termyn gaan staan en of hy deur Biden vervang sal word.
Reuters berig miljoene Amerikaners word vandag by stempunte verwag, wat beide die bedreiging van die Covid-19 pandemie en potensiële geweld en intimidasie trotseer. Dit kom na “een van die mees polariserende presidensiële wedrenne in die Amerikaanse geskiedenis,” skryf Reuters.
Intussen is Amerikaners slaggereed, met die Amerikaanse afdeling vir burgerregte binne die departement van justisie wat personeel na 18 state ontplooi het om toe te sien dat kiesers nie intimideer word nie. Die fokus val veral op stede in swaaistate waar daar vanjaar burgerlike onrus ervaar is.
Terselfdertyd het burgerregte organisasies, waaronder die Amerikaanse Vakbond vir Burgerlike Vryheid, die polisie asook besigheidseienaars gesê hulle hou ook ‘n wakende oog oor enige moontlike onluste.
‘n Rekordgetal van sowat 99 miljoen vroeë stemme is reeds teen gisteraand (Maandag) in persoon of per e-pos ontvang, volgens die U.S. Elections Project van die Universteit van Florida. Dit is glo gelyk aan sowat 72,3% van al die kiesers wat in 2016 gestem het en verteenwoordig sowat 40% van al die Amerikaners wat stemgeregtig is.
Volgens die U.S. Elections Project is die vroeë stemme aangevuur deur ‘n “intense belangstelling in die verkiesing asook kommer om tydens ‘n pandemie in persoon te stem”. - Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie