Amerikaner geskik om verhoor te word
Die hoërhof het gister beslis die psigiaters en sielkundige se verslae oor ''n Amerikaner wat van moord op ''n jong man beskuldig word, is toelaatbaar.
Jacqueline Louw - Regter Christie Liebenberg het gister beslis dat mnr. Marcus Kevin Thomas, een van die twee Amerikaners wat van die moord op mnr. André Heckmair beskuldig word, nie aan enige geestesiekte of geestesgebrek ly nie en in staat is om verhoor te word.
Hy het verder gesê Thomas begryp ook die onregmatigheid van sy aksies ten opsigte van die misdrywe waarvan hy aangekla is.
Hierdie uitspraak volg op die tweede ondersoek na Thomas se geestestoestand nadat die staat die bevindings deur die staatpsigiater in die eerste ondersoek, tot die effek dat Thomas weens neurokognitiewe afwykings nie verhoor kan word nie, betwis het. Die hof het toe beveel dat die beskuldigde weer deur twee psigiaters ondersoek word.
Twee psigiaters en 'n sielkundige het Thomas vervolgens ondersoek en hul verslae aan die hof voorgelê. Dr. Reinhardt Sieberhagen, 'n Windhoekse psigiater, het bevind dat Thomas nie aan enige geestesgebrek kan ly as hy in staat is om instruksies aan 'n regsverteenwoordiger te gee nie. Só 'n handeling verg abstrakte denke en ten minste 'n gemiddelde intellek. In psigometriese toetse waarop dr. Sieberhagen vir sy evaluering gesteun het, word Thomas se intelligensiekwosiënt (IK) as 72 aangedui.
Hy het ook aangedui dat die geheueverlies wat Thomas aanvoer hy aan ly, nie ooreenstem met die tipe beserings wat hy tydens 'n ontsnappingspoging uit die tronk opgedoen het nie. Sulke geheueverlies word net deur ernstige breinbeserings veroorsaak.
Sieberhagen het verder bevind Thomas gee voor dat hy aan sekere simptome ly en bygevoeg dit is uiters moeilik om sulke geveinsde simptome oor 'n tydperk te volhou en Thomas kon nie daarin slaag nie.
Dr. Tuviah Zabow van Kaapstad het ook bevind daar is niks verkeerd met Thomas nie. Hy kon ook geen tekens van breinskade of neurokognitiewe afwykings vind nie. Volgens Zabow se verslag beskik die beskuldigde oor die vermoë om die onregmatighede van sy dade te besef en hy behoort dit ook ten tyde van die beweerde misdaad te begryp het.
Beide die regsverteenwoordigers van Thomas en die tweede beskuldigde, mnr. Kevan Donnell Townsend, het beswaar teen die verslae van die twee psigiaters gemaak, onder meer op grond daarvan dat hulle nie behoorlik gekwalifiseer is om deskundige getuienis in verband met die geestestoestand van Thomas te lewer nie, maar die regter het dit afgewys.
Hulle het verder beswaar gemaak oor die toelaatbaarheid van 'n kliniese sielkundige se verslag, maar die regter het bevind solank die verslag ter ondersteuning van die psigiaters se verslae gebruik word, dit toegelaat mag word.
Thomas het byna op 3 November verlede jaar uit die Windhoek-gevangenis ontvlug toe hy daarin geslaag het om uit sy sel en uit die gevangenisgebou te ontsnap, voordat hy in 'n lemmetjiesdraadheining verstrengel geraak het. In die voorval het hy, volgens hom, 'n kopbesering opgedoen wat hom verhoed om in sy verhoor te getuig.
Thomas en Townsend word van moord, roof met verswarende omstandighede, die invoer van vuurwapenlope na Namibië sonder 'n permit, die besit van 'n vuurwapen en ammunisie sonder 'n permit en dwarsboming van die gereg aangekla. Hulle het onskuldig gepleit op al die klagte wat met die moord op die 25-jarige Heckmair op 7 Januarie 2011 verband hou.
Die moordverhoor sal op 24 April 2017 weer 'n aanvang neem.
Thomas se prokureur is mnr. James Diedericks en mnr. Mbanga Siyomunji verteenwoordig Townsend. Adjunk-aanklaer-generaal Antonia Verhoef verteenwoordig die staat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie