Amerikaner geskik vir verhoor
Jacqueline Louw - Die moordverhoor van twee Amerikaners het ’n vreemde wending geneem toe ’n bedrieër homself Donderdag in die hof as die Suid-Afrikaanse psigiater prof. Tuviah Zabow voorgedoen het.
Mnre. Marcus Kevin Thomas en mnr. Kevin Donnell Townsend staan tereg op klagte van moord, roof met verswarende omstandighede, die invoer van vuurwapenlope na Namibië sonder ’n permit, die besit van ’n vuurwapen en ammunisie sonder ’n permit en dwarsboming van die gereg. Hulle het onskuldig gepleit op al die klagte wat met die moord op die 25-jarige mnr. André Peter Heckmair op 7 Januarie 2011 verband hou.
Zabow en ’n plaaslike psigiater, dr. Reinhardt Sieberhagen, het Thomas geskik gevind om verhoor te word nadat die staat ’n Windhoekse psigiater, dr. Frederika Mtohoko, se diagnose verwerp het dat Thomas aan ’n neurokognitiewe afwyking ly. Thomas het glo gedurende ’n mislukte ontsnappingspoging by die Windhoekse gevangenis geval. Beide Zabow en Sieberhagen is deur die hof as getuies aangestel en nie deur die staat of die verdediging nie.
Toe die regte Zabow Vrydag in die getuiebank gestaan het, het hy getuig dat Thomas geen neurologiese skade toon nie. Zabow se mening was dat Thomas soos iemand met ’n normale intelligensievlak voorkom met volle beheer oor sy situasie. Daar is ook geen teken van enige psigose of sielkundige afwyking nie. “Daar is niks abnormaal aan die man nie. In die geheel is hy versigtig en waaksaam en sy algemene kennis is taamlik goed,” het Zabow getuig.
Sieberhagen het Zabow se mening gestaaf dat Thomas geskik is om verhoor te word. Hy het ook die opinie uitgespreek dat Thomas probeer voorgee dat hy vertraag is, maar aan die einde van die dag sal die hof uit die feite moet besluit of Thomas verstandelik vertraag is of aan geheueverlies ly.
Thomas het byna op 3 November verlede jaar uit die Windhoekse gevangenis ontvlug toe hy daarin geslaag het om uit sy sel en die gevangenisgebou te ontsnap voordat hy in ’n lemmetjiesdraadheining verstrengeld geraak het. In die voorval het hy volgens hom ’n kopbesering opgedoen wat hom verhoed om in sy verhoor te getuig. Die moordverhoor moes toe uitgestel word sodat Thomas ’n tydperk van sielkundige evaluering kon ondergaan.
Die saak sal op 29 Augustus voortgesit word. Adjunk aanklaer-generaal Antonia Verhoef verteenwoordig die staat en mnre. James Diedericks en Mbanga Siyomunji die beskuldigdes.
Regter Christie Liebenberg het intussen ’n lasbrief uitgereik vir die inhegtenisneming van die bejaarde man wat homself as die psigiater voorgedoen het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie