Amerikaners lê weg aan Namibiese beesvleis
Die deure na die wêreld se twee grootste beesvleismarkte is nou wyd oop vir Namibië.
Ronelle Rademeyer - Namibië het ná onderhandelinge van sowat ‘n dekade uiteindelik daarin geslaag om sy eerste toetsbesending beesvleis na die VSA uit te voer.
Volgens die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OECD) is die beesvleisverbruik in Amerika vier keer hoër as die wêreldgemiddeld.
Hulle per capita verbruik is sowat 27 kg per jaar, toon dié organisasie se statistiek vir 2018. Daar woon sowat 328 miljoen mense in die VSA.
Me. Rosa Thobias, bestuurder van korporatiewe aangeleenthede by Meatco, het aan Die Boer bevestig dat ‘n klein besending van 42 kg beesvleis bestaande uit voorkwart-snitte aan die einde van verlede jaar as proeflopie na Amerika uitgevoer is.
“Dit was ‘n groot prestasie aangesien die Amerikaans gesondheids- en doeaneprotokolle groot uitdagings bied.”
Sy sê die toetsbesending is goed deur potensiële kliënte in dié reusemark aanvaar.
“Ons het intussen die Kersvakansie gehad en is nou weer besig om met daardie kliënte kontak te maak en opvolgwerk te doen oor wat die vereiste volgende stappe is,” sê Thobias.
Mnr. Goliath Tujendapi, bestuurder van handel by die Vleisraad, het by navraag gesê die rede waarom dit Namibië so lank gevat het om die eerste besending beesvleis na Amerika uit te voer, is dat dit ‘n lang en moeisame proses is om ‘n mark in die buiteland vir vleisuitvoere oop te maak.
“Die vordering van die proses hang nie van Namibië af nie, maar van die invoerland.”
Hy sê in die eerste plek moet daar die nodige bilateriale handelooreenkoms bestaan. Dan moet die invoerland bepaal of die uitvoerland aan al die vereistes van sy sanitêre en fitosanitêre (SPS) maatreëls voldoen. Daardie skakeling geskied tussen die veeartsenyowerhede van die twee lande.
“Soms gebeur dit dat die invoerland sy maatreëls wysig terwyl die onderhandelinge aan die gang is,” verduidelik Tujendapi.
“Uiteindelik is daardie mark nou vir ons oop en Meatco het goedkeuring gekry om na die VSA te mag uitvoer.”
Hy sê hoewel die hoeveelheid vleis wat Namibië na die VSA kan uitvoer gering is gesien die omvang van dié mark, hou dit groot voordele vir die plaaslike beesvleisbedryf in.
“Dit is vir ons voordelig om ‘n goed gesegmenteerde uitvoermark te hê. Amerika is vir ons ‘n voorkwartmark terwyl ons snitte met ‘n hoë waarde na die Europese Unie en Noorweë uitvoer.
“Die Amerikaanse mark is grootliks ‘n kitskosmark en daarom kan goedkoper snitte daarheen uitgevoer word,” verduidelik Tujendapi.
CHINA
Hoewel al die struikelblokke vir beesvleisuitvoere na China uit die weg geruim is, het nie ‘n kilogram vleis uit Namibië dié mark nog bereik nie.
Net soos in die geval van Amerika, het Namibië – en Meatco as die uitvoerabattoir – al die sanitêre en fitosanitêre invoerreëls geslaag om na hierdie ewe omvangryke mark te kan uitvoer.
Volgens Thobias behoort Meatco binne die volgende maande ‘n toetsbesending na China uit te voer. “Ons voldoen nou aan al die tegniese protokolle en kyk net vorentoe,” het sy by navraag geantwoord.
Die Chinese ambassadeur in Namibië, mnr. Zhang Yiming, het voor die China-Afrika-samewerkingsberaad (Focac) in September verlede jaar in Beijing, China, aan plaaslike joernaliste gesê die rede waarom Namibië nog nie beesvleis daarheen uitgevoer het nie, is omdat hy nie genoeg vleis het om dié reusemark te bedien nie.
Die bilaterale ooreenkoms is reeds in 2016 onderteken ingevolge waarvan Namibië die eerste land in Afrika sal word om beesvleis na China uit te voer.
‘n Uitbreking van knoppiesvelsiekte onder beeste in Namibië het egter ‘n stok in die wiel gesteek, maar die uitvoermoratorium wat dit tot gevolg gehad het, is al in Februarie verlede jaar gelig.
Volgens Tujendapi is China ook grootliks ‘n voorkwartmark en skep dit eweneens geleenthede vir Meatco as uitvoerder om deur marksegmentering die opbrengs van karkasse te optimaliseer.
Volgens die Amerikaanse department van landbou (USDA) het China in 2018 ‘n geraamde 8,5 miljoen ton beesvleis verbruik, wat dié land die grootste beevleisverbruiker naas Amerika maak. Die verbruik per capita was net meer as 6 kg per jaar.
Net sowat 11 persent van die totale hoeveelheid vleis wat die Chinese per jaar eet, is beesvleis. Hoendervleis maak 15 persent van hul vleisdieet uit en vark 74 persent, toon statistiek deur USDA.
Hoewel die beesvleisverbruik in China nog laag is, het dit die afgelope jare stadig maar seker toegeneem – en wel tot só ‘n mate dat hulle nou minder binnelands produseer as wat die vraag is, berig dié department.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie