Amerikaners se moordverhoor trap water
Amerikaners se moordverhoor trap water

Amerikaners se moordverhoor trap water

Die verhoor van die twee mans wat bykans sewe jaar gelede van die moord op 'n jong man in Windhoek aangekla is, is Dinsdag uitgestel.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Die verhoor van die twee Amerikaners, mnre. Marcus Kevin Thomas (31) en Kevan Donell Townsend (31), wat teregstaan op ses klagte, onder meer 'n moordklag, kon Dinsdag weer nie uit die blokke kom nie.

Dit weens Townsend se ongesteldheid.

'n Mediese sertifikaat is namens Townsend se regsverteenwoordiger, mnr. Mbanga Siyomunji, by Windhoek se hoërhof ingedien. Volgens dié sertifikaat is Townsend ongeskik om hofverrigtinge vir die volle duur van die afgelope week by te woon weens naarheid en 'n maagaandoening.

Verlede week, toe die verhoor uiteindelik 'n aanvang kon neem ná die Amerikaners se aansoek in Junie dat regter Christie Liebenberg homself van die saak moes verskoon, is die verhoor uitgestel weens Siyomunji se ongesteldheid.

Onttrekking
Regter Liebenberg het die aansoek vir sy onttrekking as regter op 3 Julie vanjaar van die hand gewys.

Dié hofsaak, wat sedert sy aanvang in November 2014 gekenmerk is deur vertragings, is gister deur regter Liebenberg na 22 Maart 2018 uitgestel vir 'n voorverhoorkonferensie, terwyl 'n vorige verhoortydperk van 23 Julie tot 17 Augustus, bevestig is.

Die vertragings in die verhoor is onder meer veroorsaak deur die ­verkryging van verskeie ­sielkundige evaluerings voor en ná Thomas se mislukte ontsnappingspoging uit die gevangenis in Windhoek en die afdanking van mnr. Boris Isaacks, Townsend se regsverteenwoordiger, in 2015.

Thomas en Townsend word daarvan beskuldig dat hulle mnr. André Heckmair (25) op 12 Januarie 2011 in Windhoek vermoor het.

Heckmair het gesterf nadat hy in 'n stil straat in Klein Windhoek in sy kop geskiet is.

Die staat beweer Thomas en Townsend het die moord op Heckmair beplan en het teen die einde van Desember 2010 van die VSA af na Namibië gereis om hul plan uit te voer.

Thomas word deur mnr. Kadhila Amoomo verteenwoordig en Townsend deur mnr. Mbanga Sijumundji, terwyl adjunk-aanklaer-generaal Antonia Verhoef namens die staat optree.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!