Amnestie-tydperk vir ammunisie eindig
Die wet sal in die toekoms weer toegepas word.
Elvira Hattingh – Altesaam 1 274 gewere, 99 509 rondtes ammunisie en 81 ploftoestelle is tussen 18 Augustus 2016 en 18 Februarie vanjaar by polisiekantore dwarsoor die land ingehandig.
Die ministerie van veiligheid en sekuriteit se amnestie-tydperk vir die inhandiging van enige onwettige of ongelisensieerde wapens, ammunisie en ploftoestelle het verlede week tot ’n einde gekom.
Tydens dié ses maande amnestie-tydperk kon mense van die items by hul naaste polisiekantoor inhandig, sonder vervolging.
Dit sluit in gewere wat geërf is, wapens wat vanuit die vorige bedeling oorgehou is, mense wat nie langer van die ou wapens wou hê nie of wat dit in die bos of op hul plase opgetel het.
Die polisie het op 19 Februarie tydens hul weeklikse misdaadverslag hul dank teenoor die wat gehoor aan die oproep gegee het uitgespreek en gesê die wapen en ammunisiewet sal voorts weer geld wanneer iemand met onwettige wapens gevang word.
Die amnestie het gevolg nadat die minister van veiligheid en sekuriteit, die afgetrede generaal-majoor Charles Namoloh, ’n kennisgewing op 25 Augustus in die Staatskoerant laat publiseer het waarin hiervoor voorsiening gemaak is.
Die besluit is skynbaar gemaak nadat afgevaardigdes vanaf onder andere die Namibië Landbou-unie (NLU) asook die Gesamentlike Misdaadvoorkomingsforum (JCPF) in Junie besoek aan die aanklaer-generaal, adv. Martha Imalwa, asook die polisie gebring het om duidelikheid oor dié kwessie te kry.
Tydens dié besoeke is vir ’n amnestie-tydperk gevra waartydens wapens ingehandig kan word sonder vrees vir vervolging.
Die polisie het dit toe ook duidelik gestel dat die getal patrone per gelisensieerde wapen tot 100 beperk is en die hoeveelheid kruit vir herlaai-doeleindes tot 500 g (of 1 kg met spesiale toestemming van die polisie) beperk is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie