Amnestie vir afgetrede staatsamptenare om op Psemas te registreer
Die kabinet het amnestie goedgekeur vir afgetrede staatsamptenare wat afgehaal is van die staat se mediese fonds (Psemas), nadat hulle nie ná hul aftrede weer vir lidmaatskap en soos vervat in personeelregulasies geregistreer het nie. Die geraakte afgetredenes sal hertoegelaat word, as aansoeke binne die volgende ses maande by die ministerie van finansies ingedien word. Die tydperk eindig 31 Mei aanstaande jaar. Dié met 'n uitstaande balans moet egter dit vereffen voordat die herregistrasieproses afgehandel kan word. Aansoekvorms vir registrasie is landwyd by die kantore van die ministerie van finansies, GIPF en Methealth of op die webtuiste www.mof.gov.na beskikbaar.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie