Amok op landgoed oor hondsdol koedoe
’n Bestuurder van die Omeya-landgoed is verlede Saterdagaand in hegtenis geneem, maar Sondag weer vrygelaat.
Francoise Steynberg - ’n Man wat van ’n hondsdoel koedoe op die Omeya-gholflandgoed, suid van Windhoek, ontslae geraak het, moes ’n nag agter tralies deurbring.
Volgens ’n brief van die landgoed se direksie het ’n huiseienaar die sekurteitskantoor op 7 September in kennis gestel van ’n koedoe wat vreemde gedrag toon op haar eiendom.
Die sekuriteitshoof het die landgoed se infrastruktuurbestuurder, mnr. Rudolf Oosthuizen, gekontak wat ondersoek gaan instel het.
“Oosthuizen het uit die koedoe se sigbare simptome afgelei die dier kan dalk hondsdol wees. Dit was nog altyd die landgoed se prosedure om diere wat vermoedelik hondsdol is vir inwoners en hul troeteldiere se veiligheid te verwyder,” lui die brief.
Die koedoe is toe glo so vinnig en menslik moontlik na die noordwestelike hoek van die landgoed weg van enige huis van kant gemaak.
“Die koedoekarkas is van die landgoed verwyder en die voorval is by die Groot Aub-polisiekantoor aangemeld. Die polisiebeampte aan diens het voorgestel die karkas word verbrand en daarná begrawe,” lui die brief.
“Ongelukkig het ’n huiseienaar by die ministerie van die omgewing en toerisme aangedring dat ’n klag van onwettige jag teen Oosthuizen aanhangig gemaak word.”
Oosthuizen is Saterdagaand in hegtenis geneem, maar ná die polisie die vermeende misdaadtoneel Sondag ondersoek het, is hy Sondagmiddag vrygelaat.
Volgens die brief is ’n monster na die veeartsenylaboratorium gestuur, wat bevestig het die koedoe het wel hondsdolheid onder lede gehad.
’n Beroep word gedoen op inwoners wat in kontak met die dier gekom het om dringende mediese aandag te kry en om hul troeteldiere teen hondsdolheid in te ent.
“Die direksie vra Oosthuizen hiermee verskoning vir die trauma wat hy en sy gesin moes deurgaan. Ons spreek ons teleurstelling uit oor die individu wat ’n ongegronde klag by die polisie aanhangig gemaak het sonder om eers van die feite seker te maak.”
Die direksie meen Oosthuizen het in die belang van inwoners opgetree en “sy inhegtenisneming in die teenwoordigheid van sy vrou en kinders was ’n nagmerrie-ervaring vir hulle”, asook die onsensitiewe kommentaar op sosiale media.
“Hierdie individue moenie kla as hulle skade ly as iemand nie vinnig genoeg in ’n soortgelyke toekomsitge situasie reageer nie, wat ’n saak van lewe of dood is waar hondsdolheid betrokke is,” lui die brief.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie