Amos Meerkat-projek slaggereed vir 2017
Amos Meerkat-projek slaggereed vir 2017

Amos Meerkat-projek slaggereed vir 2017

Helene Bam
Die Amos Meerkat-projek (AMS) het verlede week sy voorskoolse werkboek vir 2017 by ''n sakeontbyt in Windhoek bekend gestel.

Die projek is in 2012 met slegs 150 kinders begin en bied tans voorskoolse onderrig vir meer as 7 300 kinders van oor die land aan. Meer as 198 onderwysers van 168 skole is die afgelope drie jaar deur AMS opgelei.

Preprimêre onderwysers wat basiese Engels en Afrikaans kan skryf, lees en verstaan of wat oor ’n basiese kleuter­skoolinfrastruktuur beskik, word deur hul gemeenskap vir die projek geïdentifiseer.

Tydens die opleiding kry die onderwysers onderrigmateriaal wat met die Namibiese leerplan ooreenstem. Dit bestaan uit skryfbehoeftes, opvoedkundige poppies, ander onderrigmateriaal, ’n Bybel en werkboeke met 12 hoofstukke vir die leerlinge.

Kleuterskoolonderwysers se opleiding bestaan uit 12 hoofstukke wat in twee fases gedoen word. Fase een is gewoonlik vanaf November tot Januarie en die tweede fase vind tussen April en Mei plaas. In 2017 sal sowat 60 nuwe onderwysers deur AMS opgelei word.

Deel van AMS se visie is om aan elke plaaseienaar of gemeenskap in Namibië die geleentheid te gee om ’n kleuterskool te begin, sodat elke voor­skoolse kind in Namibië die kans sal hê om deur middel van Christelik-gesentreerde onderwys skoolgereed te wees en in die toekoms ''n waardevolle bydrae tot die Namibese ekonomiese groei kan maak.

Namibia Media Holdings (NMH), Newsprint Namibia, Namibia Life Change Centres Foundation (NLCF), Pointbreak, Waltons, Hollard, Faanberg Winckler en FNB is van die borge wat die projek ondersteun en moontlik maak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!