Amos Namibia hou jaarkonferensie
Landbou-ontbyt binnekort aangebied
Altesaam 30 plaaswerkers en 17 plaaseienaars het Amos Namibia se jaarkonferensie tussen 28 en 30 Oktober op Rock Lodge buite Okahandja bygewoon.
Die tema was finansiële vryheid – wat ook die titel van Amos Agrimin SA se 2016 gebedsfokus was.
Die bestuur van Amos het besluit om vanjaar die tema op eie stoom kaalvuis aan te pak, self die inhoud saam te stel en op eie houtjie dit aan die konferensiegangers te bied.
Alvorens die amptelike tema getakel is, is vier sessies oor die identifisering van hartswonde en hoe om daarvan heel te word op Vrydagaand en Saterdagoggend aangebied. Elke konferensieganger het die geleentheid gehad om afskeid te neem van dié dinge en mense deur wie hulle seergemaak is. Amos Meerkatskole (AMS) doen ook dié oefening tydens die opleiding van hul kleuterskoolonderwysers.
Saterdagmiddag tydens Adonai Trust se karaktertransformasie-program (ook nou deel van die AMS-sillabus) is boer en werker aangemoedig om volgens God se karakter te leef – met respek, regverdigheid, omgee, burgerskap, verantwoordelikheid en betroubaarheid.
Saterdagaand het die welbekende mentor van ontluikende boere mnr. Wolfie von Wiellich ''n eenvoudige, maar doeltreffende boekhoustelsel aan boere bekend gestel. Die stelsel word net so deur die belastinggaarder aanvaar.
Mnr. Uazamembo Mutambo van Opuwo, wat vantevore in skuld vasgevang was, het konferensiegangers vertel van finansiële vryheid en hoe hy van skuld vrygekom het.
Ds. Watson Kamatoto het die naweek afgerond met Bybelse waarhede oor finansiële vryheid.
Voorts bied die Amos Agri Ministry op Vrydag 18 November vanaf 06:30 tot 08:00 ''n landbou-ontbyt by Hotel Thüringerhof in Windhoek aan, waar ''n boer sal praat oor individuele boere se geroepenheid tot eggenoot, vader, werkgewer en Christen.
Vir navrae kontak Johan Deysel (081 124 4466 of [email protected]) of Jessie van Rooyen (081 3749333 of [email protected]).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie