Amper 400 leerlinge kry voedselvergiftiging
Amper 400 leerlinge kry voedselvergiftiging

Amper 400 leerlinge kry voedselvergiftiging

Die skool is glo gevra om sy eie geld te gebruik om die ministerie se tegnici vir die herstel van die koelkamers te betaal.
Tanja Bause
Twee koelkamers van die Hoërskool Max Makushe in die Kavango Oosstreek se koshuis is al die afgelope twee weke buite werking – met nare gevolge.

Altesaam 380 leerlinge het onlangs voedselvergiftiging gekry.

Mnr. Mukata Mukata, die skool se hoof, sê die skool was ’n week gelede in chaos gedompel toe die leerlinge diarree gekry het ná hulle brood vir ontbyt geëet het.

“Die situasie is nou onder beheer. Ons moes personeel van die Andara-kliniek inroep om ons te kom help,” sê hy.

Volgens hom moes sommige leerlinge die bosse gebruik om ’n katastrofe in die hostel se badkamers te voorkom.

Mukata sê die probleem is by die ministerie van werke en vervoer aangemeld en die terugvoering was daar is nie fondse om die koelkamers te herstel nie.

“Dit is baie warm en die brood en ander kos wat Zantium Trading Services aan ons verskaf, word binne een dag vrot,” sê hy.

Mnr. Warren Forbes, Zantium se areabestuurder, sê hy is nie bewus van die probleem nie omdat die skool hom nie daarvan ingelig het nie.

Hy het wel gesê hy weet die koshuis se koelkamers is al weke lank buite werking en dit beïnvloed sy aflewerings omdat hy nie kos aan die skool kan verskaf nie.

Hy het ook gesê hy is bewus van die ministerie se oënskynlike gebrek aan geld en van die feit dat die skool gevra is om sy eie geld te gebruik om die ministerie se tegnici vir die herstel van die koelkamers te betaal.

Forbes sê die skool het hom ingelig hulle het nie die nodige geld vir dié doeleindes nie.

Hy sê hy het die moontlikheid om die skool te help met Zantium se besturende direkteur bespreek.

“Ons is besig om kwotasies vir kompressors te kry wat vervang moet word. Dit sal N$14 000 kos. Tans kan ons ook nie die skool van vis voorsien nie, omdat dit gevries moet bly,” sê hy. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!