Amper 90% minder toeriste in 2020

Henriette Lamprecht
Ellanie Smit



Verlede jaar het slegs 169 565 toeriste Namibië besoek teenoor die 1,59 miljoen in 2019.

Dit dui op 'n afname van 89%.

Volgens die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het die ­ministerie in ­samewerking met die Verenigde Nasies se ­Ontwikkelingsprogram (UNDP) 'n ­sosioëkonomiese impak-­evaluering (SEIA) van Covid-19 op die toerismebedryf in Namibië gedoen.

Die evaluering het ­nasionale beskermde gebiede, gemeen­skapsbewaringsgebiede en ­natuurgebaseerde toerisme (NBT) geteiken.

Die voorlopige ­bevindinge van die evaluering het getoon die Namibiese ­toerismebedryf is die ­swaarste deur die ­pandemie getref en het die ­sosio­ëkonomiese krisis ­veroorsaak wat gevolg het. Volgens Shifeta het die ­toerismebedryf (onder meer ­restaurante, hotelle, ­toergidse en ­vervoeroperateurs) wat ontleed is, 'n afname van 97% in ­aanvraag en 'n 93% afname in ­inkomste gewys. Dit het gelei tot ­afdankings, ­salarisse wat gesny en sakeondernemings wat gesluit is.

Sektore wat met die ­toerismebedryf verbind is, is ook blootgestel aan die direkte en indirekte uitwerking van die pandemie en word op die lang termyn buite verhouding geraak.

Volgens Shifeta het die SEIA ook gewys meer as 50% van die entiteite wat geëvalueer is, het sedert die pandemie afdankings en ­salarisverminderings gehad. Byna 80% van die sakeondernemings het aangedui hulle het personeel se werksure verminder, met een uit vier werkers wat nou deeltyds werk.

“Ten spyte van die pandemie, het die bedryf 'n positiewe ­­ingesteldheid getoon om die krisis te hanteer. Weens die uitgerekte aard van die impak van Covid-19, moes sommige sakeondernemings egter hul deure sluit. Sommige het aangedui hulle moes 'n tekort aan kontantvloei hanteer, maak gebruik van alternatiewe soos persoonlike spaargeld, het versoeke aan finansiële instellings gerig vir 'n onderbreking in terugbetalings of het pryse verlaag om kliënte te lok,” het hy gesê.

Die ministerie het saam met die UNDP 'n werksessie vir alle rolspelers aangebied om die strategiese voorstelle vir die herstel en oplewing van die toerismebedryf te bespreek.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!