Amptenaar in sop oor grondverkope
Des Erasmus - Die inhegtenisneming en eerste hofverskyning van die eiendomsklerk van die munisipaliteit van Karibib, mnr. Jafet Garoëb (52), is deur die kantoor van die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) op Swakopmund bevestig.
Die beskuldigde se aanvanklike borgtog van N$5 000 is Dinsdag in die landdroshof ook van 'n aanvanklike N$5 000 tot N$3 000 verminder.
Die ondersoek wat tot die inhegtenisneming van Garoëb gelei het, handel oor beweerde vergrype tot so ver terug as 2013. Volgens die klagstaat het hy sy posisie as eiendomsklerk misbruik met die onwettige verkoop van erwe sonder die goedkeuring van die dorpsraad. Die pryse vir die erwe is volgens die ACC-aankondiging regstreeks aan hom oorbetaal terwyl hy ook bepaal het watter grond aan wie toegeken word.
Transaksies is blykbaar selfs met grondsoekers beklink wie se name nie eens op die waglys was nie. Geen ministeriële goedkeuring was blykbaar vir sy optrede gegee nie.
Die borgtoggeld van N$3 000 is deur Garoëb betaal en sy volgende hofverskyning sal op 5 Junie op Karibib wees.
Die eerste aanduiding van optrede op Karibib is verlede week op Swakopmund tydens die jaaroorsig van die ACC vir die Erongostreek deur die hoof ondersoekbeampte, mnr. Walter Kurz, gegee. Hy het toe reeds verwys na 'n inhegtenisneming wat binne dae kon volg.
Ondersoeke na transaksies op ander dorpe in die Erongostreek, Walvisbaai, Hentiesbaai, Usakos en Omaruru, is ook bevestig. Kurz het gesê nog inhegtenisnemings kan volg.
Die optrede teen Garoëb kan die voorspel wees van ondersoeke van en optrede teen nog vergrype op buurdorpe met die verkoop van erwe deur die dorpsowerhede.
Toekennings van erwe word na bewering sonder meer deur sogenaamde grondkomitees binne die dorpsbestuur gemaak. Van die beweringe handel oor begunstiging deur die grondkomitees met instansies na aan die raad en selfs familielede wat blykbaar voorkeur kry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie