Ana bring dalk vloede in Noorde
Die La Niña-weerveskynsel het intussen volwassenheid bereik en sal reëntoestande na verwagting tot in Mei vanjaar beïnvloed.
Elvira Hattingh – ‘n Waarskuwing teen moontlike vloede vanaf vandag oor die Zambezi- en Kavangostreke asook die naweek oor dele van die Ohanghwenastreek, is deur die Namibiese weerkantoor uitgereik.
Die weerkantoor se hoofvoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, sê dit is die nagevolg van die tropiese sikloon Ana, wat intussen tot ‘n tropiese depressie verswak het.
Kgobetsi waarsku dat die stelsel, wat sedert laat verlede week in die Mosambiek-kanaal ontwikkel het en wes oor die suidelike vasteland beweeg het, ook vir Namibië beduidende reën kan bring wat tot vloede in bogenoemde streke kan lei.
Die nieregeringorganisasie LandWater het Woensdag verduidelik sikloon Ana dra nou ‘n enorme “vogkombers” saam, wat beteken “ons werk met massas vog en massas water”.
LandWater sê uitgebreide, swaar reën is waarskynlik vir “sentraal tot oos-Namibië, binne 'n noord-suid vertikaal” moontlik, terwyl die westelike gedeelte van die land dalk ook meer reën kan kry. Daar heers egter nog onsekerheid oor reënneerslae in die Weste.
“Die westelike reënlyn sal wieg en waarskynlik eers rondom Vrydag tot Saterdag met meer duidelikheid begin vasmaak,” het LandWater verduidelik.
Volgens dié inisiatief se Facebook-blad mag die verwagte dekking en intensiteit van die tropiese depressie oortref word.
LANGER TERMYN
Terwyl akkerbouers in die mieliedriehoek nog wag op genoegsame reën vir die jong mielieplante, meen ‘n weerkenner dat reëntoestande vir Namibië eers weer oor twee weke sal verbeter.
“Reëntoestande sal na verwagting weer in die tweede deel van Februarie oor die noordelike dele van die land verbeter en voor die winter tot die sentrale asook die suidelike dele uitbrei,” het die onafhanklike landbou metereoloog, mnr. Johan van den Berg, gister (Donderdag 27 Jan) in sy jongste weervooruitskouïng gesê.
Hy meen Namibiërs behoort nie moed verloor nie.
“Die langertermyn vooruitsig vir reën is steeds baie positief in die tydperk net voor die winter,” het hy gesê en bygevoeg dat die impak van die La Niña-weerverskynsel meestal tot gemiddelde of bo-gemiddelde reën lei.
Hy sê die La Niña-weerverskynsel het intussen volwassenheid bereik en sal reëntoestande na verwagting tot in Mei vanjaar beinvloed.
Die verslag gee toe dat baie min reën tot middel-Januarie in Namibië voorgekom het omdat tropiese vog uit sentraal- en Wes-Afrika meer oor Botswana en Suid-Afrika afbeweeg het. “Swaar reënneerslae het sedert die derde week oor groot dele van Namibië voorgekom, met gelokaliseerde vloede,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie