Analis su00ea oor Trump
Analis su00ea oor Trump

Analis sê oor Trump

Betrekkinge tussen Amerika en die Midde-Ooste is opnuut op ’n mespunt ná die sluipmoord op die Irakkese leier Qasem Soleimani.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die politieke wetenskap-dosent dr. Ndumba Kamwanyah sê vir Amerika om hul staatshoof, pres. Donald Trump, in ’n staat van beskuldiging te plaas, toon instellings, prosesse en stelsels léwe in dié moondheid.

“Dit wys die president is nie verhewe bo die reg nie,” het Kamwanyah gisteroggend in die ontbytprogram Good Morning Namibia op nasionale televisie gesê.

Hy meen ook die manier waarop die proses tot dusver bestuur is, dui op onafhanklikheid en objektiwiteit.

Die klagte wat Trump in die gesig staar – magsmisbruik en inmenging by die kongres – is baie ernstig, sê die ontleder.

Trump, die Verenigde State van Amerika (VSA) se 45ste president, is op 18 Desember in ’n staat van beskuldiging geplaas deur die huis van verteenwoordigers.

Dít kom nadat ’n formele ondersoek van stapel gestuur is oor beweringe dat Trump buitelandse inmenging in die 2020- presidensiële wedloop probeer bewerkstellig in ’n poging om as president herkies te word.

Hiernaas het Trump glo die ondersoek probeer belemmer deur sy administratiewe beamptes te beveel om dagvaardings te ignoreer om inligting te verskaf en te getuig.

Ná die huis van verteenwoordigers Trump in Desember in ’n staat van beskuldiging geplaas het, is die volgende stap vir die senaat – die VSA se tweede parlementshuis – om te stem oor of hy skuldig is al dan nie.

Omdat dié huis uit ’n meerderheid lede van Trump se Republikeinse party bestaan, is dit onwaarskynlik dat die omstrede staatshoof uiteindelik aan die pen sal ry, het Kamwanyah gister gesê.

’n Totaal van 53 lede van die senaat is Republikeine, terwyl die Demokrate 45 senaatsverteenwoordigers het en twee lede onafhanklik is.

Dit sal beteken van Trump se eie lede sal ten gunste van sy skuldigbevinding moet stem, sê die ontleder.

“Dit is onwaarskynlik.”

Iran-inval ‘nie op tafel’

Ofskoon Trump die Irannese generaal Qasem Soleimani se onlangse sluipmoord laat uitvoer het, meen Kamwanyah Iran sal waarskynlik nie onmiddellik ’n teenaanval op Amerika van stapel stuur nie.

Sou dit wel gebeur, sal dit geleidelik oor ’n tydperk van maande en dalk selfs ’n jaar geskied, meen hy.

Van Trump se kritici is oortuig die sluipmoord is ’n poging om die aandag weg te lei van die staat van beskuldiging en die gepaardgaande omstredenheid waarin hy hom bevind.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer